In die geskiedenis van die Amerikaanse advertensiebedryf is een van die mees effektiewe leuses, dié een van die Kaliforniese melkindustrie. Dit het slegs twee woorde bevat: Got Milk? Met daardie slagspreuk het die groep feitlik almal se aandag getrek. Nadat die saak ondersoek is, is vasgestel dat meer as 90% van die mense wat gevra is, van die slagspreuk bewus was en daaraan aandag gegee het. Indien Got Milk? so ’n goeie slagspreuk is om mense daartoe te bring om koeimelk te drink, kan ons miskien daaraan dink om slagspreuke, wat uit twee woorde bestaan te skep, wat ons daaraan sal herinner om toegewyde Christelike lewens te lei. Kom ons blaai na Jakobus 4 en kyk of ons dit kan doen. 1. Onderwerp julle! Ja, vers 7 sê ons moet aan God onderdanig wees. Hy het ons lief en daarom kan ons alles in sy hande laat. Hy sal die Satan oorwin. 2. Kom nader! Vers 8 herinner ons daaraan dat ons by God moet bly. Dis ons taak om tot God te nader. 3. Reinig julle! Vers 8 herinner ons ook daaraan dat ons moet seker maak ons harte is skoon. Dit gebeur deur ons sonde te bely. 4. Wees nederig! Vers 10 herinner ons daaraan dat ons nederig voor God moet wees. Jakobus vermaan ons om oor ons sonde te ween. Onderwerp julle! Kom nader! Reinig julle! Wees nederig! Hierdie woorde mag miskien nie so mooi lyk op ’n T-hempie as Got Milk? nie. Maar die woorde sal sekerlik mooi lyk aan ons.