Month: Junie 2019

Gered

’n Suid-Afrikaanse man het nege mans betrap terwyl hulle besig was om in sy huis in te breek. Sewe het weggehardloop, maar die eienaar het daarin geslaag om twee van hulle in die swembad in te stamp. Hy besef toe een van hulle kon nie swem nie, spring toe in en red hom. Die Kaapse koerant rapporteer dat toe die…

Paulus se hart

Volgens die Christelike oorlewering is die apostel Paulus in 67 n.C in Rome onthoof en daar begrawe. In 2009 het wetenskaplikes toetse gedoen op dit wat hulle as sy oorskot beskou het. Alhoewel die toetse op die beenfragmente bevestig dat dit uit die eerste of tweede eeu n.C dateer, kon ’n positiewe identifikasie nie gemaak word nie. Maar ongeag waar…

Sondige leefwyse

Die dorp, Picher, in Oklahoma bestaan nie meer nie. In die middel van 2009, het hierdie eens bedrywige dorp van 20,000 inwoners, tot niet gegaan. Aanvanklik was Picher ’n groeiende dorp vanweë die oorvloed lood en sink in die omgewing. Werkers het die erts ontgin en dit was van groot nut vir die VSA tydens albei wêreldoorloë. Die dorp het…

Regtig dors

Was jy al ooit regtig dors? Jare gelede het ek my suster, Mali in Wes- Afrika gaan besoek. Een middag het ons die besienswaardighede gaan bekyk en die temperatuur was 100 grade Fahrenheit. Ek was naderhand verskriklik dors en het gesê: “Jong, ek moet dringend iets kry om te drink.” Toe Kathy sê dat sy vergeet het om ’n voorraad…

Skuldig aan baie

’n Man het aansoek gedoen vir ’n betrekking en moes ’n vraelys voltooi. Een vraag lui toe: “Was jy al ooit gearresteer?” Hy skryf toe: “Nee.” Die volgende vraag was bedoel vir persone wat “ja” op die eerste vraag geantwoord het: “Waarom?” Die applikant antwoord toe: “Ek is nooit gevang nie.” Hy het geweet hy was skuldig aan baie. So…

Die regte persone

Die rolprent Miracle vertel die ware verhaal van die VSA se Olimpiese Yshokkie span en die onwaarskynlike goue medalje wat hulle in 1980 verower het. Aan die begin van die film word gewys hoe die afrigter, Herb Brooks, die span saamstel. Toe hy aan sy assistent afrigter die lys name van sy keuse gee, is Craig Patrick baie verbaas: “Jy…

Almal wenners

Gedurende 2008 moes daar ’n kampioenskap sokkerwedstryd tussen twee Christenskole, Azusa Pacific University en Westmont College gespeel word. Drie dae tevore het ’n veldbrand deur die Westmont kampus getrek en verskeie akademiese geboue, huise en studentelokale vernietig. As gevolg daarvan was dit onmoontlik vir Westmont om die wedstryd op hulle veld aan te bied en die reëls het vereis dat…

Doringstruike en botterblomme

Die botterblommetjies in ons agterplaas was besonder mooi en kleurvol na die goeie lentereëns wat die Here na ons gestuur het. Ek wou ’n paar foto’s van hulle neem voordat hulle verwelk, maar ek het gesukkel om naby genoeg te kom, want hulle het in ’n besondere modderige area gegroei. Een sonnige middag het ek ’n paar stewels aangetrek en…

Niemand het onthou nie!

In ’n kommentaar oor Prediker 9:15 het Martin Luther vertel van Themistocles, die soldaat en staatsman wat die Atheense leërmag gelei het. Deur sy strategie het hy die Slag van Salamis gewen, die Persiese leër van Griekse bodem verjaag en sy stad, Athene, gered. ’n Paar jaar later het hy egter in onguns geraak en is hy deur sy volksgenote…

’n Denkbeeldige dreigement

Gedurende die lente verlede jaar het ’n wipstert voëltjie gereeld een van die vensters in ons huis aangeval. Die voël sou op die vensterbank gaan sit, sy vere regskud, hard tjirp en dan kop eerste in die venster vasvlieg. Ek het ’n bietjie navorsing oor wipsterte gedoen en ontdek dat hulle terretoriaal is. Terwyl hulle broei sal hulle alle ander…