’n Suid-Afrikaanse man het nege mans betrap terwyl hulle besig was om in sy huis in te breek. Sewe het weggehardloop, maar die eienaar het daarin geslaag om twee van hulle in die swembad in te stamp. Hy besef toe een van hulle kon nie swem nie, spring toe in en red hom. Die Kaapse koerant rapporteer dat toe die dief uit die swembad uit is, het hy sy makkers geroep om terug te keer. Hy’t ’n mes uitgepluk en die man wat hom gered het gedreig. Die eienaar sê: “Ons het naby die swembad gestaan en toe ek sien hy pluk die mes uit, het ek hom weer ingestamp, maar toe hy weer na asem hyg en wou verdrink, het ek hom weer gered.” In sy brief aan die Kolossense skryf Paulus van ’n ander reddingsdaad. God die Vader het hulle van die koninkryk van die duisternis gered. Hierdie redding het plaasgevind toe Christus aan die kruis gesterf het, maar ook toe die Kolossense Hom as Verlosser aanvaar het. Die beelde wat Paulus gebruik is (Kolossense 1:12,13) wat vertel dat die gelowiges gered is uit die donker koninkryk van Satan en oorgebring is as vry mense na die vredevolle koninkryk van Christus. Deur Christus se dood word gelowiges vrye inwoners van die koninkryk van die lig. Die reaksie wat op so ’n wonderlike verlossing behoort te volg, is dat blymoedige dankbaarheid aan God betoon moet word en dat Hy dankbaar en met eerbied gedien moet word (Hebreërs 12:28).