Die dorp, Picher, in Oklahoma bestaan nie meer nie. In die middel van 2009, het hierdie eens bedrywige dorp van 20,000 inwoners, tot niet gegaan. Aanvanklik was Picher ’n groeiende dorp vanweë die oorvloed lood en sink in die omgewing. Werkers het die erts ontgin en dit was van groot nut vir die VSA tydens albei wêreldoorloë. Die dorp het begin agteruitgaan toe die erts afgeneem het. Die grootste probleem was egter dat terwyl die lood en sink groot voorspoed gebring het, het dit tot besoedeling gelei. Omdat niks gedoen is om die besoedeling teen te werk nie, het Picher ’n gevaarlike area geword en eindelik het die regering die gebied onveilig verklaar. Wat met Picher gebeur het, kan ook met mense gebeur. Voorspoed kan so goed lyk dat ’n mens nie kan dink dat iets negatiefs daaruit kan voortkom nie. Maar gaandeweg word verkeerde dade aanvaarbaar, en geestelike agteruitgang volg. Tensy die probleem aangespreek word, ly dit tot vernietiging. Dis wat met koning Saul gebeur het. Hy het goed begin, maar deur sukses na te jaag, het hy nie agtergekom watter skade hy aanrig nie. Deurdat hy God se bevele verontagsaam het, het hy sy koninkryk verloor (1 Sam. 13:13,14). In ons pogings om sukses te behaal moet ons oppas vir geestelike besoedeling wat intree as ons weier om God se voorskrifte na te volg. Goddelike leefwyse is beter as ’n sondige leefwyse.