Kategorie  |  Uncategorized

Die woord het vlees geword

Frank M. Fairchild vertel van ’n pragtige muurskildering teen die plafon van ’n Paleis in Rome. Geskilder deur Guido Reni in 1614, was dit beskou as een van die mees indrukwekkende skilderye van daardie tyd. Maar besoekers kon dit nie mooi bekyk nie, omdat hulle hulle nekke agteroor moes buig om dit te sien. Om die probleem op te los…

Albei ente van die leer

Kerskaarte skilder dikwels ’n mooi prentjie van Maria, Josef en die Kind Jesus. Hulle word met ’n ligglans omgewe. Maar tog het Jesus se geboorte in ’n baie ongewone plek plaasgevind. Hy is in ’n krip neergelê. Hierdie nederige omgewing illustreer die wonder van die menswording – die ewige God het Homself verneder en van die hemelse hoogtes neergedaal na…

Toe God na vore getree het

’n Seuntjie het na die hemel opgekyk en sy mammie gevra: “Is God daarbo?” Toe sy bevestigend antwoord, het hy gesê: “Sou dit nie wonderlik wees as Hy sy kop wou uitsteek, sodat ons Hom kon sien nie?”
Wat die seuntjie nie verstaan het nie, is dat God Homself wel aan ons geopenbaar het en dit in die persoon van…

Hy daal neer vanaf sy heerlikheid

Daar het eenmaal ’n wyse Sjah in Persië regeer. Die volk was baie lief vir hom. Eendag het hy homself as ’n arm man voorgedoen en na die publieke baddens gegaan. Die water is verwarm deur ’n stookoond onder in die kelder. Die Sjah het by die man gaan sit wat die vuur gestook het, vriendskap betoon, en hom dag…

Hy ken die gevoel

Toe Christus mens geword het, het Hy getoon dat Hy gewillig is om versoek te word. Hy was bereid om gehaat en seergemaak te word. Hier op aarde het Hy dieselfde worstelinge ervaar wat ons daagliks deurmaak. Voordat Hy na die aarde gekom het, was Hy reeds simpatiek teenoor ons swakhede, maar toe Hy ’n menslike liggaam aangeneem het, het…

Die Woord word vlees

Jesus is God in die liggaam van ’n mens. Deur sy koms na hierdie wêreld, het Hy die Vader aan ons bekend gemaak. Dis wat Johannes bedoel het toe hy gesê het “die Woord het vlees geword.”
Die teoloog F.W. Boreham het hierdie waarheid bevestig toe hy geskryf het: “Die Christenmens moet die Christelike boodskap vergesel. Die Woord moet teen…

Hy het naby gekom

Een wintersdag het ’n Christen opgemerk dat iemand ’n gerf koring op die grond neergegooi het. ’n Groep honger spreeus was besig om ’n ongeskeduleerde fees te geniet. Die man het gehuiwer en toe ’n tree in hulle rigting geneem. Die voëls het onrustig geword. Nog ’n tree nader en die onrustigheid neem toe. Toe skielik vlieg die voëls weg…

Die rook van duisende statte

Ons wat in lande woon waar die evangelie vrylik verkondig mag word, besef nie die verskriklike geestelike nood wat heers in areas waar mense nog nooit van Jesus gehoor het nie. Wanneer ons dink aan die miljoene wat Christus nie ken nie, behoort ons met deernis vervul te word en in beweging kom net soos ons Meester in Matteus 9…

Oor oerwoude en voorstede

Richard D. Wood het in Outreach, ’n publikasie van die Oosterse Sendinggenootskap ’n interessante artikel geskrywe. Daarin stel hy die diepgaande vraag in verband met ons motiewe om sendingwerk te ondersteun. Hy sê toeriste keer dikwels terug vanaf Haiti en sê: “O die Here het my hart gebreek vir sending in Haiti.” Maar hy wonder of dit nie die fisiese…

God Se Onsigbare Hand

My vriend is deur ’n sendingpaartjie van die Verenigde State aangeneem en het in Ghana grootgeword. Hulle is later terug na die Verenigde State, waar hy kollege toe is, maar opgeskop het. Hy is later na die weermag toe, wat hom gehelp het om sy klasgelde te betaal en hom oor die wêreld heen geneem het. God was deurentyd aan…