Toe ek op die ouderdom van 19 ’n Christen geword het, het ek onmiddellik ’n diepe liefde vir al die pragtige geestelike lofliedere ontwikkel. My hart het gewoonlik oorgeloop van liefde en dankbaarheid wanneer ons van God se liefde in Christus gesing het. Gou was een van my geliefkoosde liedere (uit die laat 1600’s) die pragtige loflied Fairest Lord Jesus. Die eenvoudige melodie is vir my aangrypend en die grootheid van die Een wat aanbid word, is vir my kosbaar. Hier volg die lied (vrylik vertaal).

God se Seun, van wie hierdie lied vertel, het na die aarde gekom, ’n volmaakte lewe gelei en Homself aan die Kruis vir ons gegee (Lukas 23:33). Hy het uit die graf opgestaan (Lukas 24:6) en sit nou aan die regterhand van God (Hebreërs 1:3). Eendag sal ons saam met duisende der duisende sy lof besing: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid!” (Openbaring 5:13). Miskien sal ons dan ook die bostaande lied sing. Maar tot dan, laat ons die “skoonste Jesus” steeds toelaat om ons lewens te beheer en laat ons wysheid in sy Woord soek en volgens sy wil lewe.