Altyd by jou
Die hoofweg aan die suidelike oewer
van die Michigan Meer kan nogal
gevaarlik wees, veral gedurende die
wintermaande. Een naweek was ons vanaf
Grand Rapids onderweg terug na Chicago,
toe die sneeu en ys so saamgepak het dat
die verkeer heeltemal ontwrig is. Ons het
byna twee keer langer as gewoonlik gery.
Ons was dankbaar toe ons eindelik van die…
Skattejag
Keith Severin en sy 7-jarige seun,
Adrien, het op 1 Januarie 2008 besluit
dat hulle ten minste 15 minute elke dag
sou deurbring deur na “skatte” te soek.
Carlos Alcalá beskryf in ’n artikel in die
Sacramento Bee hoe hulle elke dag,
ongeag die weer, uitgegaan het om te kyk
wat hulle kon vind. ’n Jaar later het hulle
versameling…
’n Motiverende hoop
Die beroemde prediker F.B.Meyer het eenmaal vir die evangelis D.L. Moody die volgende vraag gevra: “Wat is die geheim van jou besondere sukses?” Moody het geantwoord: “Vir baie jare lank het ek nooit ’n boodskap gelewer sonder die bewustelike afwagting dat die Here mag kom voordat ek klaar is nie.”
Een van die wonderlikste leringe in die Bybel is dié…
Die aftelling
Op Palmsondag 1981 was miljoene Amerikaners baie opgewonde in afwagting vir die lansering van die bemande ruimteskip, Columbia. Meer as 80,000 mense het in Florida se Kennedy Ruimtesentrum byeengekom om die lansering van die volk se eerste ruimteskip te aanskou. Duisende het in nabye strate geparkeer sodat hulle die beste moontlike uitsig kon kry. En talle ander het die gebeure…
Verheug jou in die hoop
In Dare to Believe vertel Dan Bauman ’n verhaal wat die unieke ondervinding illustreer, naamlik dat ons weet iets is ons s’n, maar ons verlang steeds om dit meer volkome te geniet. Elke jaar gedurende Kersfees het hy baie rondgesnuffel en probeer uitvind wat in die toegedraaide geskenkpakkies ingesluit was. Een jaar het hy ’n pakkie met sy naam ontdek en…
Maar ons sien Jesus
Die rampe, gebroke harte en ongeregtighede wat ons in die wêreld om ons sien, is ’n bewys dat Hebreërs 2 vers 8 waar is. Ons lewe in ’n onvolmaakte wêreld waarin baie dinge buite ons beheer is. ’n 30 Jarige boer wat nie sy skuld kan betaal nie, wens dat iets kon gebeur sodat droogtes beëindig word. ’n Jong moeder…
God regeer
In 1854 het die Russiese digter en diplomaat, Fyodor Tiutchev, die skrikwekkende wêreldtoestande in ’n brief aan sy vrou beskrywe: “Wat verwarrend is, is die oortuiging – en dit word al hoe meer geredelik aanvaar – dat al die gevare wat ons bedreig en die rigting wat wêreldgebeure inneem, nie langer verstaanbaar is nie. Dis byna asof ’n mens in…
Hou die fort!
Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het generaal William T. Sherman ’n afdeling manne by die fort op Kennesaw berg agtergelaat om oor die rantsoene te waak. Generaal John Bell Hood van die opposisie, het die fort aangeval en ’n verwoede geveg het plaasgevind. Een derde van Sherman se manskappe is gedood en die generaal in beheer is ernstig gewond. Net toe…
Immanuel
Sedert daardie eerste Kersdag meer as 2,000 jaar gelede, het die versekering dat God by sy volk is ’n nuwe betekenis gekry. Voordat Jesus gebore is, was die Israeliete verseker dat hulle selfs in die oordeel nog hoop kon hê omdat God by hulle was (Jesaja 8:8,10). Nogtans het hulle God nie so volkome geken as wat ons Hom vandag…
Trappe wat na nêrens lei
Die meeste godsdienste is pogings van die mens om uit te reik na God en vir Hom aanvaarbaar te word. So sal pelgrims in Sjina die heilige berg Taishan bestyg. Hulle klim 7,000 trappe en gaan eers deur die “middelste hek” dan deur “die hemel se suidelike hek.” Eindelik bereik hulle die Tempel van die Azure Cloud. Hier bring hulle offers…