Edwin van der Sar, die doelwagter van die Manchester United sokkerspan, het ’n “veilige paar hande” gehad. Hy het vir 1,302 minute van spel verhoed dat ’n bal die doelgebied binnegaan. Dit was ’n wêreldrekord vir een seisoen. Dit beteken dat vir byna 15 wedstryde van 90 minute elk, kon geen ander span ’n doel teen hulle aanteken terwyl hy die doelwagter was nie. Maar in Maart 2009 het ’n doel van ’n opponerende span sy rekord beëindig. Die psalmdigter Dawid het sy troos in die veiligste paar hande ter wêreld gevind, naamlik God se hande. Hy skryf van God se beskerming in Psalm 138: “U strek u hand uit, u regterhand red my” (vs. 7). Net soos Dawid kan ons ook na God se veilige hande kyk om ons teen geestelike gevaar en nederlae te beskerm. Nog ’n ander versekering uit God se Woord vir diegene wat Christus navolg, vind ons in Judas 24-25: “Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid, Amen.” Dit beteken nie dat ons nooit sal struikel nie. Dit beteken ons sal nie so sleg struikel dat God ons nie weer kan optel nie. God se veilige hande kan nooit teleurstel nie – nooit nie.