Die gestippelde uil is besig om te verdwyn in die VSA. Aanvanklik is gedink dat dit iets met die groei van die uil te doen het, maar navorsing het getoon dat een van die uil se familielede die probleem is. Vir die afgelope 15 jaar het die gestreepte uil weswaarts begin immigreer. Hierdie uile wat oorspronklik uitsluitlik wes van die Mississippi gewoon het, kompeteer nou vir dieselfde kos as die gestippelde uil en hulle (die gestreepte uile) is meer aggressief. Op soortgelyke wyse kom ons grootste geestelike konflik dikwels nie van persone buite die kerk nie, maar van ander Christene. Dit was besig om in die kerk van Korinte te gebeur en Paulus het die gees van verdeeldheid in dié gemeente ernstig aangespreek. Hierdie gees het die eenheid van die hele kerk bedreig. Met takt het Paulus die Korintiërs aangemoedig om oor die belangrike sake saam te stem en nie toe te laat dat onbelangrike sake verdeeldheid bring nie. Die stryd het hoofsaaklik gegaan omdat lidmate spesifieke predikers aangehang het – Paulus, Apollos, Petrus en selfs Christus. Deurdat hulle hierdie verdeeldheid toegelaat het, was hulle besig om die eenheid in Christus te benadeel. Paulus sê die een belangrike saak in enige gemeente is dat die goeie nuus verkondig moet word. Maak nie saak wie dit verkondig nie. Dit behoort ook die doel van elke gemeente van Christus te wees.