Month: Mei 2020

Verkeerde Keuse

’n Bejaarde TV ster is deur Larry King, gasheer van die gespreksprogram, uitgevra aangaande die hemel. King het na Billy Graham verwys wat aan hom gesê dat hy “weet wat die toekoms inhou. Dit sal die paradys wees. Hy is onderweg na die hemel.” King het toe aan sy gas gevra: “Wat glo u?” Die man het geantwoord. “Ek hou…

Matteus 6:1-6

Ek is nog altyd diep beïndruk deur die gebeure wanneer die wagte by die Graf van die Onbekende Soldaat in die Arlington Nasionale begraafplaas, omgeruil word. Die versigtig beplande optrede is ’n aangrypende huldeblyk aan soldate wat in gevegte gesterf het en wie se name alleen by God bekend is. Net so aangrypend is die stadige op en af marsjering…

Behou Die Wonder

Onlangs toe ek en my vrou ’n vlug onderneem het, het ons langs ’n ma en haar seuntjie te lande gekom. Toe die vliegtuig opstyg, het hy uitgeroep: “Mamma, kyk hoe hoog is ons. En alles word net kleiner!” ’n Paar minute later het hy opgewonde gesê: “Is daardie wolke nou onder ons? Wat doen hulle daar? Hulle moet mos…

Luister Jy?

Hy was moeg en kwaad. Hy was omgekrap dat hy altyd beskuldig word vir alles wat verkeerd gaan. Jaar vir jaar het hy hulle deur al die moeilike situasies deurgehelp. Hy was voortdurend besig om vir hulle by die Here in te tree, maar al wat hy vir al sy moeite gekry het, was kritiek en probleme. Uiteindelik het hy…

Die Stuurman Se “Rutter”

Gedurende die era van ontdekkingsreise in die 15de en 16de eeu, toe skepe die oseane deurkruis het, moes hulle gevaarlike storms hanteer en moeilike kuslyne navigeer. Die stuurmanne het verskillende tegnieke gebruik, onder andere ’n boek, die rutter (nie die rudder, die skip se stuurtoestel nie). Hierdie rutter was ’n skeepsjoernaal waarin vroeëre seevaarders hulle ondervindinge aangeteken het en klem…

Vertroue En Hartseer

Vroeg in 1994 het ons gehoor dat die VSA se sokkerspan in Michigan in die wêreldbeker sou speel, en dit was ’n uitgemaakte saak dat ons dit sou bywoon. Wat ’n aangename tyd het ons nie gehad nie. Daar in die Pontiac Silverdome het ons gesien hoedat die VSA teen Switserland speel. Dit was een van die wonderlikste ondervindinge wat…

Die Ware Prys

Ek verbaas my soms oor die invloed wat my vrou, Martie, op die lewe van ons kinders het. Daar is baie min ander verhoudinge wat daardie onselfsugtige, selfopofferende liefde vereis, as dit wat ’n moeder teenoor haar kinders toon. Ek weet verseker dat my eie lewe, my karakter en my geloof, tot ’n groot mate, deur my eie moeder, Corabella,…

Vereenvoudig

In ’n radio onderhoud is ’n basketbal superster gevra hoe hy dit regkry om altyd die wenhou in kritieke situasies te slaan en altyd so kalm te bly, selfs in daardie stresvolle oomblikke. Sy antwoord was dat hy probeer om die situasie te vereenvoudig deur daaraan te dink dat hy net een hou hoef te slaan – net een hou.…

Ons Afhanklikheid

Terwyl ons op die koms van ons agterkleinniggie gewag het, het ek weer besef hoeveel tyd en aandag vereis word om ’n nuutgebore baba te versorg. Hulle is behoeftige klein mensies wat gevoed, geklee, vasgehou en weer gevoed, geklee en vasgehou moet word. Hulle kan nie vir hulleself sorg nie en is afhanklik van die ouer mense om hulle. Maar…

Vars Vrugte

Die ou foto’s wat by die doodsberigte in die koerant geplaas word, het vir my ’n besondere aantrekkingskrag en ek hou daarvan om die foto’s te bekyk. ’n Glimlaggende jongman in ’n militêre uniform en met ’n byskrif soos: 92 jaar oud, het in die Tweede Wêreldoorlog vir sy land geveg, of ’n jong dame met sprankelende oë: 89 jaar…