Onlangs toe ek en my vrou ’n vlug onderneem het, het ons langs ’n ma en haar seuntjie te lande gekom. Toe die vliegtuig opstyg, het hy uitgeroep: “Mamma, kyk hoe hoog is ons. En alles word net kleiner!” ’n Paar minute later het hy opgewonde gesê: “Is daardie wolke nou onder ons? Wat doen hulle daar? Hulle moet mos bokant ons wees.” Namate die tyd verbygegaan het en ander reisigers ingedut, gelees of na die video gekyk het, het die seun steeds vasgenael by die venster gesit, vasgevang in die wonder van dit wat hy gesien het. Vir “gesoute reisigers” in die Christelike lewe, kan dit ook gebeur dat ons die wonder van ons verlossing verloor. Die Skrifte wat eens vir ons so belangrik was en wat ons inspireer het, het skielik oninteressant en akademies geword. Ons mag ook in die toestand beland dat ons met ons verstand bid en nie met die hart nie. Petrus het die vroeë volgelinge van Christus gemaan om steeds toe te neem in geloof, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug, liefde (2 Petrus 1:5-7). Hy sê: “As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken” (vs. 8). Sonder hierdie eienskappe is ons kortsigtig en blind en vergeet ons dat ons van sonde gereinig is (vs. 9). Mag die Here ons steeds die genade gee sodat ons kan groei en toeneem in kennis van Hom.