Ek verbaas my soms oor die invloed wat my vrou, Martie, op die lewe van ons kinders het. Daar is baie min ander verhoudinge wat daardie onselfsugtige, selfopofferende liefde vereis, as dit wat ’n moeder teenoor haar kinders toon. Ek weet verseker dat my eie lewe, my karakter en my geloof, tot ’n groot mate, deur my eie moeder, Corabella, gevorm is. Laat ons maar erken; waar sou ons gewees het sonder ons vroue en moeders? Dit laat my dink aan een van my kosbaarste herinneringe in die sportgeskiedenis. Phil Mickelson het die 18de putjie van die Masters Gholf toernooi in 2010 afgehandel en een van gholf se belangrikste toernooie vir die derde keer gewen. Maar dit was nie sy jubeling oor sy oorwinning wat my geraak het nie. Nee, hy het reguit deur die skare na sy vrou toe gegaan, sy wat besig was om ’n stryd teen kanker te voer, en hy het sy arms om haar geslaan en haar teen hom vasgedruk. Ek het gesien hoedat ’n traan oor sy wang rol. Hy het ’n lang tyd so gestaan, met sy arms om haar. Ons vroue en moeders het nodig om daardie selfopofferende liefde en waardering te geniet, daardie liefde wat die Here ook aan ons getoon het. Soos Paulus dit gestel het: “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het” (Efesiërs 5:25). Pryse en trofeë se waarde vergaan, maar diegene wat jou liefhet en vir wie jy liefhet, is wat regtig saakmaak.