Ek is nog altyd diep beïndruk deur die gebeure wanneer die wagte by die Graf van die Onbekende Soldaat in die Arlington Nasionale begraafplaas, omgeruil word. Die versigtig beplande optrede is ’n aangrypende huldeblyk aan soldate wat in gevegte gesterf het en wie se name alleen by God bekend is. Net so aangrypend is die stadige op en af marsjering nadat die skare weg is, uur na uur en dag na dag, ja selfs in die ongunstigste weerstoestande. Gedurende 2003, toe Orkaan Isabel Washington DC genader het, is die soldate toestemming gegee om skuiling te gaan soek, maar teen alle verwagting in het nie een van hulle hulle pos verlaat nie. Onselfsugtiglik het hulle wag gestaan om eer aan hulle gevalle kamerade te betoon. Jesus se lering in Matteus 6:1-6 is ’n beskrywing van sy verlange dat ons met ’n volhardende, onselfsugtige liefde teenoor Hom moet lewe. Trouens die Bybel roep ons op om goeie dade te doen en heilig te lewe, maar hierdie dade moet dade van aanbidding en gehoorsaamheid wees (vs. 4-6), nie gedoen om eer te ontvang en die self te verheerlik nie (vs.2). Paulus roep ons op om ons lewe aan God te wy en om ons liggame as “lewende en heilige offers” (Romeine 12:1) aan God te gee. Mag ons private, maar ook ons publieke optrede, altyd getuig van ons liefde en volkome toewyding aan U, o God.