Maand: November 2019

onselfsugtige Liefde

Op 4 Desember 2007 het ’n 19 jarige soldaat wat in Irak gestasioneer was, gesien hoedat ’n handgranaat vanaf die dak van ’n gebou gegooi word. Hy het die skiettoring in die tenk beman en hy het probeer om die handgranaat te ontwyk, maar dit het binne in die tenk geval. Hy kon na veiligheid gespring het, en so sy…

Waar begin ek?

’n Paar jaar gelede het ek op ’n snelweg gery toe my motor skielik probleme gegee het. Ek kon van die pad aftrek, het uitgeklim en so ewe die kap voor oopgemaak. Terwyl ek na die enjin gekyk het, het ek verleë gewonder: Wat help dit tog. Ek weet absoluut niks van motors en enjins af nie. Ek weet nie…

’n spesiaLe Deug

In haar boek Food in Medieval Times vertel Melitta Adamson van al die heerlike etes en eetgewoontes in die Middeleeue. Wildsvleis, pasteie, nageregte en ander eksotiese geregte illustreer hoeveel vreugde die mense in die voorbereiding van maaltye gevind het. Maar met al hierdie heerlike eetgoed het ’n probleem ingesluip – vraatsug en om te ooreet. Hierdie neiging is deur die…

mik hoog

Toe my dogter en haar familie ’n tydjie by ons gekuier het, het ek my seun en twee skoonseuns op ’n manne uitstappie geneem. Ons het besluit dat terwyl die vroue inkopies doen, sou ons gaan skyfskiet. Ons het twee pistole gehuur en na ons teikens gemik. Terwyl ons geskiet het, het al vier van ons agtergekom dat een van…

God se teenwoordigheid in die kerk

Ek geniet dit om kerke se leuses of slagspreuke te lees, dit wat jy gewoonlik voor op die advertensieborde sien. Ek het een gelees wat sê: “Kom in en ondervind die kosbare teenwoordigheid van God.” Dit het my aandag getrek, want dis ’n belangrike belofte en een wat soms moeilik is om na te kom. Dis ’n uitdaging, want die…

Doen dit nou!

Verskeie jare gelede het ’n vriend my saamgeneem na ’n motiverings seminaar wat ek ongelooflik geniet het. In plaas van om op geld en sukses te fokus, het die sprekers ons gelei om ons eie identiteit en doel in die lewe behoorlik te verstaan. Hulle het goeie raad gegee hoe om effektief te leef. Een van die slagspreuke wat my…

’n blywende stempeL

Caerleon is ’n dorpie in Wallis met ’n diep geskiedkundige agtergrond. Dit was een van die drie gebiede waar Romeinse magte geplaas was toe Brittanje deur die Romeine beset was. Alhoewel die militêre teenwoordigheid reeds 1,500 jaar gelede geëindig het, kan die spore van daardie okkupasie vandag nog gesien word. Mense kom van dwarsoor die wêreld om die militêre fort,…

Dit sal nooit met my gebeur nie

Christopher Reeve, die akteur, is verlam toe hy in 1995 van ’n perd afgeval en ernstig beseer is. Kort tevore het hy in ’n rolprent opgetree waarin hy die rol van ’n verlamde gespeel het. In sy voorbereiding vir die rol, moes hy ’n rehabilitasie sentrum besoek en hy vertel; “Elke keer wanneer ek daardie sentrum ingegaan het, het ek…

goeie buurskap

Een van die grootste probleme wat ons verhinder om deernis aan ander te betoon, is omdat ons vooraf oordeel of iemand ons hulp waardig is of nie. Jesus het ’n gelykenis vertel om hierdie probleem aan te spreek toe iemand hom gevra het: “En wie is my naaste?” (Lukas 10:29). Wie kwalifiseer om ons deernis en hulp te verdien? Jesus…

opgaar of stoor?

Komberse, lampe, ’n wasmasjien en droër, selfs die kos in die kaste – alles is te koop aangebied. Ek en my man het eendag by ’n veiling verbygeloop en belangstellend deur die huis gestap. Wat ’n toestand het ons daar aanskou! Alles was te koop aangebied. Stelle breekware het op die eetkamertafel gestaan en Kersfees versierings was in die voorportaal…