Op 4 Desember 2007 het ’n 19 jarige soldaat wat in Irak gestasioneer was, gesien hoedat ’n handgranaat vanaf die dak van ’n gebou gegooi word. Hy het die skiettoring in die tenk beman en hy het probeer om die handgranaat te ontwyk, maar dit het binne in die tenk geval. Hy kon na veiligheid gespring het, en so sy lewe gered het, maar in plaas daarvan het hy homself op die handgranaat gewerp en so die lewens van vier van sy makkers gered. Hierdie byna onbegryplike daad van selfverlöening mag ons help om te begryp waarom die Bybel sê daar is ’n tiepe liefde wat meer beteken as om geloof of kennis te besit (1 Korintiërs 13:1-3). Hierdie tiepe liefde word nie maklik gevind nie. Paulus is hartseer daaroor en sê dat mense meer vir hulleself omgee as vir die belange van Christus (Filippense 2:20-21). Dis dan ook die rede waarom hy so dankbaar was vir Eprafroditos, ’n medewerker wat “deur sy werk vir Christus by die dood omgedraai het” (Filippense 2:30), en homself verloën het. Indien ons voel dat ons nooit ons lewe op die spel sal kan plaas vir ander nie, wys Eprafroditos vir ons hoe dit gedoen kan word. Sy selflose liefde is nie normaal nie. Dit kom van die Heilige Gees, Hy wat aan ons die begeerte en vermoë kan gee om ander so lief te hê as die onbeskryflike liefde wat die Here God vir elkeen van ons het.