Caerleon is ’n dorpie in Wallis met ’n diep geskiedkundige agtergrond. Dit was een van die drie gebiede waar Romeinse magte geplaas was toe Brittanje deur die Romeine beset was. Alhoewel die militêre teenwoordigheid reeds 1,500 jaar gelede geëindig het, kan die spore van daardie okkupasie vandag nog gesien word. Mense kom van dwarsoor die wêreld om die militêre fort, die barakke en die amfiteater te besigtig. Dit herinner alles aan die tyd toe die Romeine die wêreld oorheers en Wallis beset het. Dit verbaas my regtig dat tekens van die Romeinse okkupasie na soveel jare nog so duidelik sigbaar is in daardie klein gemeenskap. Ek wonder soms oor ’n ander tiepe stempel – die stempel van Christus op die lewens van sy kinders. Kan sy kosbare teenwoordigheid in ons lewens deur ander gesien word? Kan mense wat met ons in aanraking kom sien en weet dat Jesus in ons lewe? Jesus vra dat ons sy teenwoordigheid in ons lewens baie duidelik moet maak sodat ander sy Vader kan verheerlik. Hy sê: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik” (Matteus 5:16). Deur ons getuienis en die impak wat ons dade op die gemeenskap het, moet ander God se teenwoordigheid in ons lewens kan sien. Is dit waar van jou? Kan ander Hom in jou lewe sien?