Month: Maart 2019

Suiwer melk

Onlangs is vasgestel dat sekere melkprodusente in Sjina koeimelk verdun het en die industriële chemikalië, Melamine, bygevoeg het. Hierdie chemikalië is bygevoeg omdat dit die proteïene gehalte van die melk opstoot. Verskeie babatjies het ernstig siek geword en ’n paar het gesterf. Sodanige verdunning is nie iets nuuts nie. Ander lande voeg al vir baie jare Melamine by voer van…

huwelik Volgens God se wil

In die rolprent The Princess Bride is daar ’n toneel van ’n huwelik en dan sê die predikant wat die huwelik voltrek: “Trouery ... is wat ons vandag hier byeenbring.” Alhoewel hy die woorde grappenderwys geuiter het, is daar tog ’n groot waarheid in wat hy gesê het. Huwelike is inderdaad ’n instelling wat mense byeenbring. Dit is ’n heilige…

egte Skoonheid

Soms wanneer ek by die winkelsentrum in die tou staan om my rekening te vereffen, kyk ek na die voorblaaie van tydskrifte wat daar uitgestal word. Dit lyk vir my as die inhoud nie oor seks of geld gaan nie, dan handel dit oor dieët, fiksheid, gesondheid en uiterlike skoonheid. Tragies om te sê, maar daar is niks vir die…

wie is jy?

Indien iemand jou sou vra: “Wie is jy?” sou jy iets van jouself vertel en wat jy doen. Miskien sou jy sê: “Ek’s ’n elektrisiën” of “Ek’s ’n verpleegster.” Maar dis nie regtig wie jy is nie – dis wat jy doen. Dit lei ons na die vraag: As jy is wat jy doen, wat sal jy dan wees as…

’n goeie God

Toe my swaer ’n sendeling in Mali in Afrika was, was hy in ’n verkeersongeluk betrokke. ’n Man het oor die pad gestap, reg voor Chuck se motorfiets in. Die motorfiets het die man getref en Chuck en sy motorfiets het vir ’n lang ent oor die pad geskuiwe. Toe Chuck later in die hospitaal bygekom het, het die dokter…

Die ware held

Louis B. Neumiller was bekend vir sy nederigheid, integriteit en die kwaliteit van sy produkte. As president van die Caterpillar Trekker Maatskappy vanaf 1941 tot 1954 het hy die vervaardiging van grondverskuiwende toerusting gedurende die uitdagende tye van die Tweede Wêreldoorlog, suksesvol beheer. In die boek In Their Time: The Greatest Business Leaders of the Twentieth Century, beskrywe Mayo en…

Laaste Linie Van Verdediging

Gettysburg in Pennsylvania is die plek waar die Amerikaanse Burgeroorlog eindelik ’n kentering getoon het. Een van die belangrike gebiede waar die keerpunt gekom het, was ’n heuwel genoem Little Round Top, waar kolonel Josua Chamberlain en sy manskappe van die 20ste Maine hulle man gestaan het. Indien die opponerende troepe by Chamberlain en sy manskappe verby gekom het, glo…

unieke Voorregte

In sy boek Forever Young: My Friendship with John F. Kennedy, Jr. skryf Billy Noonan oor sy vriendskap met die seun van president John Kennedy. Gedurende 1980 is John Jnr. en Billy genooi om aan boord van die vliegdekskip, die John F. Kennedy te gaan. Terwyl hulle saam met ’n gids op ’n toer deur die skip gegaan het, het…

’n Veilige paar hande

Edwin van der Sar, die doelwagter van die Manchester United sokkerspan, het ’n “veilige paar hande” gehad. Hy het vir 1,302 minute van spel verhoed dat ’n bal die doelgebied binnegaan. Dit was ’n wêreldrekord vir een seisoen. Dit beteken dat vir byna 15 wedstryde van 90 minute elk, kon geen ander span ’n doel teen hulle aanteken terwyl hy…

Verenigde doelstelling

Die gestippelde uil is besig om te verdwyn in die VSA. Aanvanklik is gedink dat dit iets met die groei van die uil te doen het, maar navorsing het getoon dat een van die uil se familielede die probleem is. Vir die afgelope 15 jaar het die gestreepte uil weswaarts begin immigreer. Hierdie uile wat oorspronklik uitsluitlik wes van die…