Month: Julie 2018

Sondaars Soos Ons

My vriendin, Edith, was min besorg oor geloof. Tog het sy een Sondag-oggend, op soek na iets om haar worstelende siel te bevredig, besluit om na ’n kerk naby aan haar woonstel te stap. Die teks vir die dag was Lukas 15:1–2. “Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die…

Oorkom Uitdagings

Ons het maandeliks vergader om oor ons doelwitte verslag te doen. My vriendin, Mary, wou vinnig haar eetkamerstoele oortrek, ’n projek wat uiteindelik tien maande en twee uur in beslag geneem het. Tog, na maande se gesoek na die regte material en ’n tekort aan tyd, het die projek haar ’n skamele twee uur geneem om te voltooi.

Die Here…

Hoop In Droefheid

Toe ek negentien jaar oud was, het een van my beste vriende verongeluk. Ek was vir lank daarna in droefheid gedompel. Die pyn om iemand so wonderlik en so jonk te verloor, het my visie verduister, soveel so dat ek nie eens bewus was van wat om my aangaan nie. Ek was so deur my droefheid verblind dat ek nie…

Bye En Slange

My kinders het onlangs ontdek dat ’n swerm bye op ons voorstoep ingetrek het. Gewapen met die nodige insekdoder het ek die stryd teen die bye aangesê.

Die bye het my gesteek. Vyf keer.

Ek hou nie daarvan om deur insekte gesteek te word nie. Maar eerder ek as my vrou of kinders. Om na my gesin se welstand om…

Ruim Uitdrukking Van Liefde

Op ons huweliksherdenking sal ek ’n groot bos vars blomme van my man, Alan, ontvang. Toe hy sy werk as gevolg van herstrukturering verloor, het ek nie verwag dat hy hierdie toewyding sou volhou nie. Maar op ons negentiende huweliksherdenking het ’n bos kleurvolle blomme my weer verras. Omdat hy graag hierdie jaarlikse tradisie wou voortsit, het Alan elke maand…

Onselfsugtige Diens

’n Klein groepie mense het rondom die reuse boom wat op die grasperk gelê het, gestaan. ’n Bejaarde ou dame het die vorige aand se windstorm wat die boom omgewaai het, beskryf. “Ergste van alles,” het sy met ’n bewende stem gesê, “het dit ons pragtige klipmuur ook verwoes. My man het die muur pas nadat ons getroud is, gebou.…

Volmaakte Onvolmaaktheid

My professor het na die wyse waarop ek soms kon sloer om die volmaakte antwoord te kry, verwys, en gesê: “Moet nie dat perfek goed se vyand word nie.” Die strewe na volmaaktheid kan die risiko wat vir groei nodig is, in die wiele ry. Onvolmaakheid voorsien vryheid om te bly groei.

Paulus het verduidelik waarom ons nie na persoonlike…

Jesus Weet Hoekom

Van my vriende het gedeeltelike genesing ontvang maar sukkel steeds met pynlike aspekte van hulle siektes. Ander weer is van ’n verslawing genees, maar sukkel met gevoelens van ontoereikendheid en veragting. Dan wonder ek, hoekom genees God hulle nie ten volle nie – vir eens en vir altyd?

In Markus 8:22–26 lees ons van ’n blind-gebore man wat deur Jesus genees…

Omgee Met Waaksaamheid

My seun was al halfpad by die deur uit toe ek vir die tweede keer by hom wou weet, sonder om te lieg, of hy regtig sy tande geborsel het. Hy het skertsend opgemerk dat ek die installasie van ’n sekuriteitskamera in die badkamer moet oorweeg. Dan sou ek self kon sien of hy sy tande geborsel het of nie…

Hoop In Elk Geval

Van al die artikels wat ek sedert 1988 vir Ons Daaglikse Brood geskryf het, is daar ’n paar wat ek baie goed onthou. Een so ’n artikel kom uit die middel negentig-jare toe ons drie dogters kampe en sendingreise onderneem het en ek en my sesjarige seun, Steve, dan kwaliteit tyd saam kon geniet.

Ons was op pad lughawe toe, toe…