Op ons huweliksherdenking sal ek ’n groot bos vars blomme van my man, Alan, ontvang. Toe hy sy werk as gevolg van herstrukturering verloor, het ek nie verwag dat hy hierdie toewyding sou volhou nie. Maar op ons negentiende huweliksherdenking het ’n bos kleurvolle blomme my weer verras. Omdat hy graag hierdie jaarlikse tradisie wou voortsit, het Alan elke maand geld gespaar om te verseker dat hy genoeg fondse het vir sy persoonlike blyke van liefde.

My man se noukeurige beplanning het op Paulus se waardering vir goedhartigheid gedui. Die apostel het die kerk geprys vir hulle beloofde en ywerige bydraes (2 Korintiërs 9:2,5), en hulle daaraan herinner dat God vreugde vind in milddadige en blye gewers (vv. 6–7). Buitendien, niemand gee meer as ons liefdevolle Voorsiener nie. Hy is altyd gereed om in ons behoeftes te voorsien (vv. 8–10).

In ons omgee vir mekaar kan ons mildelik in alle opsigte voorsien. God voorsien tog in al ons materiële, emosionele en geestelike behoeftes (vs. 11). Soos ons gee, betuig ons waardering vir dit wat God vir ons gee. Ons kan selfs ander motiveer om God te prys deur uit dit wat hulle van God ontvang, aan ander te gee (vv. 12–13). Milddadige gee dui op oorvloedige liefde en waardering en demonstreer ons vertroue in God se voorsiening vir al Sy mense.