’n Klein groepie mense het rondom die reuse boom wat op die grasperk gelê het, gestaan. ’n Bejaarde ou dame het die vorige aand se windstorm wat die boom omgewaai het, beskryf. “Ergste van alles,” het sy met ’n bewende stem gesê, “het dit ons pragtige klipmuur ook verwoes. My man het die muur pas nadat ons getroud is, gebou. Ons was baie lief vir die muur. Nou is dit weg, net soos my man.”

Die volgende oggend terwyl sy kyk hoedat die boom opgesaag en verwyder word, het daar ’n glimlag op haar gesig verskyn. Deur die takke kon sy net-net sien hoedat twee volwasse mans en ’n seun die gras sny en versigtig haar geliefde muur opmeet en herbou!

Die profeet Jesaja beskryf die soort diens wat God behaag: handelinge wat vreugde bring aan mense om ons, soos wat die muurbouers vir die bejaarde dame gedoen het. Hierdie skrifgedeelte leer ons dat God onselfsugtige diens aan ander bo leë geestelike rituele waardeer. Inderdaad, God beoefen ’n twee-rigting seën op die onselfsugtige diens van sy kinders. Eerstens gebruik God ons gewillige dade van diens om die onderdruktes en behoeftiges by te staan (Jesaja 58:7–10). Daarna eer God hulle wat sulke diens verrig deur reputasies as kragtige en positiewe magte in Sy Koninkryk te bou of te herbou (vv. 11–12). Watter diens sal jy vandag aanbied?