My seun was al halfpad by die deur uit toe ek vir die tweede keer by hom wou weet, sonder om te lieg, of hy regtig sy tande geborsel het. Hy het skertsend opgemerk dat ek die installasie van ’n sekuriteitskamera in die badkamer moet oorweeg. Dan sou ek self kon sien of hy sy tande geborsel het of nie en sou hy nie in die versoeking kom om ’n leuen te vertel nie.

Alhoewel ’n sekuriteitskamera kan help om ons daaraan te herinner om sekere reëls na te kom, is daar tog plekke waar ons ongesiens kan beweeg. Alhoewel ons so ’n kamera kan ontwyk, bedrieg ons onsself as ons dink dat God ons nie kan sien nie.

God sê in Jeremia 23:24: “Niemand kan in ’n geheime plek wegkruip nie sonder dat ek hom sien nie.” Daar is beide ’n bemoediging en ’n waarskuwing in Sy vermaning.

Die waarskuwing is dat ons nie vir Hom kan wegkruip nie. Ons kan nie vir Hom weghardloop of bedrieg nie. Alles wat ons doen is sigbaar vir Hom. Die bemoediging is dat daar nie ’n plek op aarde of in die hemel is waar ons ooit sonder die wakende oog van ons Hemelse Vader sal wees nie. God is met ons, selfs al voel ons alleen. Ongeag waar ons ookal vandag mag gaan, mag die bewustheid van hierdie waarheid ons aanmoedig om gehoorsaamheid aan sy Woord te kies en vertroosting daardeur te vind. Hy waak oor ons.