Month: Februarie 2018

Verlore Maar Gevind

Ek en my vrou was ontsettend bekommerd toe ons hoor dat my skoonmoeder vermis geraak het terwyl sy en ’n familielid inkopies gedoen het. Sy het aan geheueverlies gely en ons was nie seker wat sy sou doen nie. Ons het net die ergste verwag toe ons begin soek het en het God gesmeek “vind haar asseblief.”

Ure later en…

Die Oorkoming Van Vrees

Ons liggame reageer op gevoelens van angs en vrees. Die teken van angs word gewoonlik deur ’n kol op die maag en die wilde geklop van die hart, gepaard met ’n gehyg na asem, aangedui. Ons liggaamlike natuur reageer en verhinder dat hierdie gevoelens van ongemak ignoreer word.

Die dissipels het die nag nadat Jesus die meer as 5000 mense…

Vrywillige Gee

My seun Xavier was ses jaar oud toe ’n vriendin en haar seuntjie eendag vir ons kom kuier. Ek was bly toe ek sien hoe mededeelsaam my seun met sy speelgoed is – totdat hy ’n speelding waarvan ek weet my man baie lank na gesoek het, aanbied. My vriendin het die speelding herken en wou keer. Xavier het egter sonder…

Ons Vaste Fondament

Mense in ons stad het vir jare lank huise in areas waarin gereelde grondverskuiwings voorkom, gekoop en gebou . Baie was bewus van die risiko om in die gebied te woon, terwyl ander weer geen kennis van hierdie gevaar gehad het nie. Die plaaslike koerant het op 27 April 2016 berig dat baie mense, ter wille van die mooi uitsig vanaf…

Blom Op Die Regte Plek

My pa het altyd gesê dat ’n plant wat groei waar dit nie hoort nie, onkruid is en uitgetrek moet word. Ek wou die mielieplantjie wat tussen die ertjies opgekom het los, maar my pa het daarop aangedring dat ek dit moet verwyder, aangesien dit die ertjies sou versmoor en hulle van noodsaaklike voedingsstowwe ontneem.

Mense is nie plante nie.…

Genade Oor Oordeel

My twee kinders het gestry en mekaar oor en weer beskuldig toe hulle hulle saak voor my kom stel. Ek het hulle elkeen afsonderlik aangehoor en gevind dat altwee eintlik ewe skuldig is. Aan die einde van ons gesprekke het ek elkeen gevra wat hulle dink ’n gepaste maar regverdige straf vir die ander een sou wees. Albei het summier ’n…

Vasgespe!

Tydens ’n vlug in onstuimige weer sal die lugwaardin passasiers se aandag daarop vestig dat die loods die teken vir sitplekgordels aangeskakel het en vra dan dat almal hul sitplekke moet inneem en hul sitplekgordels moet vasmaak ten einde onnodige ongerief wat mag voorkom, te vermy.

In die meeste gevalle sal die lewe ons nie waarsku as daar ontwrigtende omstandighede na ons…

Van Spinnekoppe tot by God

Daar is seker nie een kind wat van spinnekoppe hou nie. Veral nie in hulle kamers met slaaptyd nie! My dogter het een baie naby aan haar bed opgemerk toe sy een aand regmaak om te gaan slaap. Sy het hard gegil, maar nieteenstaande my vasberadenheid kon ek hom nêrens opspoor nie. Ek het haar probeer wysmaak dat die spinnekop haar…

Die Groot Geneesheer

Wanneer Dr. Rishi Manchanda vir sy pasiënte vra waar hulle woon, vra hy eintlik vir meer as net ’n fisiese adres. Hy het ontdek dat sekere siektes tot gebiede waar erge besoedeling voorkom, beperk is. Sy bevindinge het later daartoe aanleiding gegee dat ’n groepie gesondheidsorgwerkers, buiten hul normale dagtake, gereeld saam met pasiënte en gemeenskapsleiers vergader het in hulle soeke na…

Nie Genoeg?

Op pad huis toe na kerk het my dogter op die agter sitplek van die motor gesit en beskuitjies eet. Die ander kinders het gesmeek dat sy met hulle moet deel, maar tevergeefs. Ek vra haar toe wat hulle daardie dag in die Sondagskoolklas gedoen het. Sy het geantwoord dat hulle ’n mandjie met  broodjies en vissies gemaak het, omdat ’n seuntjie…