Wanneer Dr. Rishi Manchanda vir sy pasiënte vra waar hulle woon, vra hy eintlik vir meer as net ’n fisiese adres. Hy het ontdek dat sekere siektes tot gebiede waar erge besoedeling voorkom, beperk is. Sy bevindinge het later daartoe aanleiding gegee dat ’n groepie gesondheidsorgwerkers, buiten hul normale dagtake, gereeld saam met pasiënte en gemeenskapsleiers vergader het in hulle soeke na moontlike oplossings om beter en gesonder lewensomstandighede in die ongesonde gebiede te vestig.

Soos wat Jesus mense genees het wat na Hom toe gekom het (Mat.4:23-24), het Hy hulle bewus gemaak van behoeftes anders as fisiese en materiële hulp. Met Sy bergrede het Hy meer as net ’n mediese wonder aangebied (5:1-12.). Hy het sewe keer denkwyses van die hart en verstand beskryf wat tot die begin van nuwe visies en beloftes van geestelike welsyn sou lei ( vv. 3-9). Daarna het Hy nog tweekeer diegene geseën wat ongenadiglik vervolg word en gesê dat hulle ’n tuiste in Hom sal vind (vv. 10-12).

Jesus se woorde laat my wonder. Waar lewe ek? Hoe bewus is ek van ’n behoefte aan ’n welsyn wat groter is as my behoefte aan fisiese en materiële verligting? Terwyl ek smag na ’n wonderwerk, omhels ek afgustiglik die arm, gebroke, honger, genadige, vredemakende hart wat Jesus geseënd noem?