Ek en my vrou was ontsettend bekommerd toe ons hoor dat my skoonmoeder vermis geraak het terwyl sy en ’n familielid inkopies gedoen het. Sy het aan geheueverlies gely en ons was nie seker wat sy sou doen nie. Ons het net die ergste verwag toe ons begin soek het en het God gesmeek “vind haar asseblief.”

Ure later en kilometers weg het ons haar al strompelende langs die pad gevind. Hoe het God ons nie geseën om haar betyds te kon vind nie. Etlike maande later het Hy haar verder geseën. Op tagtigjarige ouderdom het my skoonmoeder na Jesus gedraai en Hom as haar verlosser aangeneem.

As Jesus mense  met skape vergelyk, gee Hy die volgende illustrasie: “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg.Wat doen hy dan? Hy laat die nege-en-negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry … roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ ”

Herders het altyd hulle skape getel om seker te maak van elkeen. Jesus vergelyk homself met ’n herder en sê dat ons elkeen baie kosbaar is vir Hom. Terwyl ons in hierdie lewe rondswerf en oor ons doel wonder, is dit nooit te laat om na Christus te draai nie. God wil hê dat ons Sy liefde en seëninge sal ervaar.