Ons liggame reageer op gevoelens van angs en vrees. Die teken van angs word gewoonlik deur ’n kol op die maag en die wilde geklop van die hart, gepaard met ’n gehyg na asem, aangedui. Ons liggaamlike natuur reageer en verhinder dat hierdie gevoelens van ongemak ignoreer word.

Die dissipels het die nag nadat Jesus die meer as 5000 mense gevoed het, sulke skokgolwe van angs beleef. Jesus het die dissipels met die boot vooruit  na Batesda gestuur, omdat hy eers alleen wou bid. Gedurende die nag het die dissipels teen die sterk wind geroei toe hulle Jesus skielik op die water sien loop. Hulle het gedink Hy is ’n spook en was beangs en verskrik (Mark. 6:49-50). Maar Jesus het hulle gerus gestel en gesê dat hulle nie bang moet wees nie. Toe Hy by hulle in die boot klim, het die wind gaan lê en kon hulle die oewer veilig bereik. Ek kan my voorstel dat hulle gevoel van vrees die wyk geneem het toe hulle Sy vrede, ervaar het.

Wanneer ons uitasem van vrees is, kan ons seker en gewis in Jesus se krag vrede vind. Wanneer ookal Hy ons storms kalmeer of ons die krag gee om hulle te trotseer, skenk Hy aan ons die gawe van Sy vrede “wat alle verstand te bowe gaan” (Fil. 4:7). Soos wat Hy ons dan van ons vrese verlos, kan ons gemoedere en liggame terugkeer tot ’n toestand van rus.