Mense in ons stad het vir jare lank huise in areas waarin gereelde grondverskuiwings voorkom, gekoop en gebou . Baie was bewus van die risiko om in die gebied te woon, terwyl ander weer geen kennis van hierdie gevaar gehad het nie. Die plaaslike koerant het op 27 April 2016 berig dat baie mense, ter wille van die mooi uitsig vanaf die area, vir die afgelpoe 40 jaar waarskuwings van geoloë en stadsregulasies in die verband geïgnoreer en hulle nie daaraan gesteur het nie.

So het baie mense in antieke Israel ook God se waarskuwings om weg te draai van afgode en eerder na Hom, die lewende en ware God, te soek, verontagsaam. Die Ou Testament beskryf die resultate van hulle ongehoorsaamheid. Maar tog het God nie opgehou om met ’n boodskap van vergifnis en hoop na hulle uit te reik nie, mits hulle na Hom terugdraai en Hom volg.

Die profeet Jesaja het gesê: “Hy is die een op wie jy jou lewe lank kan vertrou” (Jes 33:6).

Vandag, soos in die tyd van die Ou Testament, bied God aan ons die keuse op watter fondament ons ons lewens wil bou. Óf ons kan kies om ons eie begeertes en prioriteite te volg, óf ons kan kies om Sy beloftes soos vervat in die Bybel en onderskryf deur Jesus Christus, aan te gryp. Edward Mote het gesê: “On Christ, the solid rock ,I stand – all other ground is sinking sand.”