Month: Junie 2017

Houding Van Die Hart

Wanneer my man ons kerk se lofprysingspan op die harmonika begelei, maak hy soms sy oë toe.  Hy sê dit help hom om te fokus en alle ander dinge uit te sluit sodat hy sy beste kan lewer – net hy, sy harmonika en die musiek tot lof van God.

Daar is mense wat wonder of ons met toe oë moet…

Om Waldo Op Te Spoor

Waldo is die strokiesprentster van ’n hedendaagse klassieke blitsverkoperkinderboekreeks “Waar is Waldo?” Waldo kruip in die besige tonele van elke bladsy weg en nooi kinders om hom te soek. Wêreldwyd geniet ouers hul kinders se ekstase wanneer hulle Waldo raaksien, of selfs uitgenooi word om saam te soek.

Nadat Stefanus – ’n diaken in die vroeë kerk – gestenig is weens…

’n Rede Om Te Sing

Sang lei tot veranderinge in die brein. Wanneer ons sing – só dui party studies aan – skei ons liggame hormone af wat angs en spanning verlig. ’n Ander studie het bevind dat die hartklop van ’n groep mense wat saamsing, as ’t ware sinchroniseer.

Die apostel Paulus moedig die kerk aan om psalms, lofgesange en ander geestelike liedere onder…

Ringe en Genade

Wanneer ek na my hande kyk, word ek daaraan herinner dat ek my trou- en verloofringe verloor het. Ek was met te veel dinge besig toe ek vir ’n reis gepak het en ek het steeds geen idee wat ek met die ringe gedoen het nie.

Ek was bang om my man van my onbesonnenheid te vertel. Ek het nie geweet…

God Roep

My dogter het haar selfoon vir haar 11-maande oue seuntjie gegee om hom besig te hou. Minder as ’n minuut later het my telefoon gelui en het ek sy stemmetjie aan die ander kant gehoor. Ek sal die “gesprek” wat gevolg het nie gou vergeet nie. My kleinseun kan slegs ’n paar woorde sê, maar hy ken my stem en…

Die 15 Minute-Uitdaging

Dr. Charles W. Eliot, eertydse president van die Universiteit van Harvard, het geglo dat as gewone mense gereeld, selfs vir ’n paar minute per dag, uit die wêreld se grootse literatuurwerke lees, kan hulle ’n waardevolle opleiding bekom. Hy het in 1910 uittreksels uit geskiedenis-, wetenskaplike, filosofiese en kunsboeke in 50 volumes – The Harvard Classics – saamgestel. Elke stel…

Wat Wil Ons Hê?

“Van perdekarre tot ’n man wat op die maan loop,” het ’n oupa opgemerk. “Ek het nooit kon dink die lewe is so kort nie.”

Die lewe is kort, en baie van ons neem Jesus aan omdat ons vir ewig wil lewe. Dis nie verkeerd nie, tog begryp ons nie wat die ewige lewe behels nie. Ons begeer dikwels die verkeerde…

Volmaakte Vrede

’n Vriendin het my vertel dat sy jare lank na vrede en tevredenheid gesmag het. Sy en haar man het ’n suksesvolle sakeonderneming op die been gebring en bedryf, dus kon hulle ’n groot huis, mooi klere en duur juweliersware koop. Tog kon hierdie besittings nie haar innige verlange na vrede bevredig nie, ook nie haar vriendskappe met invloedryke mense…

Iemand Om Te Vertrou

“Ek kan niemand vertrou nie,” het my vriendin in trane gesê. “Ek kry elke keer seer.” Ek het kwaad geword toe sy my vertel dat haar gewese kêrel stories oor haar begin versprei het nadat die kys verbreek is. Sy het gedink sy kon hom vertrou! Ná moeilike kinderjare was dit nie maklik om ander te vertrou nie, en hierdie…

Verwyder Die Buit

’n Sperdatum vir ’n skrifstuk het op my gewag, terwyl die rusie wat ek vroeër die oggend met my man gehad het, nog deur my gedagtes maal. Ek staar na die flikkerende kursor, terwyl my vingers op die sleutelbord rus. Here, hy was óók verkeerd.

Toe die rekenaarskerm afskakel was my weerkaatsing dié van ’n suurgesig. My onerkende misdrywe het…