Dr. Charles W. Eliot, eertydse president van die Universiteit van Harvard, het geglo dat as gewone mense gereeld, selfs vir ’n paar minute per dag, uit die wêreld se grootse literatuurwerke lees, kan hulle ’n waardevolle opleiding bekom. Hy het in 1910 uittreksels uit geskiedenis-, wetenskaplike, filosofiese en kunsboeke in 50 volumes – The Harvard Classics – saamgestel. Elke stel boeke het dr. Eliot se leesgids, wat aanbevole seleksies van 8 tot 10 bladsye vir elke dag van die jaar bevat, ingesluit.

En as ons God se Woord 15 minute per dag sou lees? Ons sal saam met die psalmis kan sê: “U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie. Weerhou my  van ’n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys” (Ps. 119:36-37).

Vyftien minute per dag werk uit op 91 ure per jaar. Maar ongeag die hoeveelheid tyd waarop ons besluit om elke dag Bybel te lees, bly konsekwentheid en volharding die sleutelwoorde. Al mis ons ’n dag of ’n week, kan ons weer begin lees. Wanneer die Heilige Gees ons onderrig, beweeg God se Woord van ons brein na ons hart, vandaar na ons hande en voete. Dit neem ons verder as onderrig … na transformasie.

“Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou” (v. 33).