Waldo is die strokiesprentster van ’n hedendaagse klassieke blitsverkoperkinderboekreeks “Waar is Waldo?” Waldo kruip in die besige tonele van elke bladsy weg en nooi kinders om hom te soek. Wêreldwyd geniet ouers hul kinders se ekstase wanneer hulle Waldo raaksien, of selfs uitgenooi word om saam te soek.

Nadat Stefanus – ’n diaken in die vroeë kerk – gestenig is weens sy getuienis van Jesus, het Christenvervolging oral uitgebreek en baie het uit Jerusalem gevlug. Filippus, ook ’n diaken, het die vlugtende gelowiges na Samaria gevolg waar hy Christus verkondig het tot groot blydskap in die stad (8:6). Terwyl hy daar was, het die Heilige Gees hom beveel om die “stil pad” Gasa toe te neem. Kyk ’n mens na die vrug van sy prediking in Samaria, moet dit vir hom ’n vreemde opdrag gewees het. Stel jou egter Filippus se vreugde voor toe hy die Etiopiër ontmoet en hom help om Jesus in die  bladsye van Jesaja te ontdek (vv. 26-40).

Ons kry ook soms die kans om ander te help om Jesus in die Skrif “op te spoor” sodat hulle Hom beter kan leer ken. Net so verkwikkend as wat ouers hul kinders se vreugde ervaar en Filippus moet gewees het toe die Etiopiër Jesus ontdek, kan dit vir ons wees wanneer mense Jesus ontmoet. Mag ons elke dag gereed wees om onder leiding van die Heilige Gees van Christus te vertel.