’n Sperdatum vir ’n skrifstuk het op my gewag, terwyl die rusie wat ek vroeër die oggend met my man gehad het, nog deur my gedagtes maal. Ek staar na die flikkerende kursor, terwyl my vingers op die sleutelbord rus. Here, hy was óók verkeerd.

Toe die rekenaarskerm afskakel was my weerkaatsing dié van ’n suurgesig. My onerkende misdrywe het meer as net die werk voor my belemmer. Hul het spanning in my verhouding met my man en God veroorsaak.

Ek het my selfoon gegryp, my trots gesluk, en om vergifnis gevra. Ek het die vrede van versoening gekoester toe my gade ook om verskoning vra, ek het God gedank en my skrifstuk betyds voltooi.

Die Israeliete het die pyn van sonde en die vreugde van hernuwing, ervaar. Josua het God se mense gewaarsku om hulself nie te verryk in die stryd om Jerigo nie (Jos. 6:18), maar Akan het die buit gesteel en in sy tent weggesteek (7:1). Slegs nadat sy sonde ontbloot en afgehandel is (vs. 4-12) het die nasie versoening met hul God ervaar.

Nes Akan, besef ons nie altyd hoe “sonde wat in ons tente weggesteek is” ons harte van God kan wegdraai en diegene rondom ons kan raak nie. Die erkenning van Jesus as Here, ons sonde, en die soeke na vergifnis bied die grondslag vir ’n gesonde verhouding met God en andere. Deur daaglikse onderwerping aan ons liefdevolle Skepper, kan ons Hom dien en Sy teenwoordigheid geniet.