Gebed En Die Kettingsaag
Ek het waardering vir die vreesloosheid van my tante Gladys, selfs al bekommer ek my soms daaroor. Die oorsprong van my kommer het in die vorm van haar e-pos gekom: “Ek het gister die okkerneutboom afgesaag.”
Jy moet mooi verstaan dat my tante met die kettingsaag 76 jaar oud is! Die boom het agter haar motorhuis opgekom. Toe die wortels…
Slegte Asook Goeie Dinge
Vrees kan verlam. Ons weet presies wat ons angsbevange maak – al die seerkry van die verlede, asook alles wat dit weer so maklik kan doen. Soms steek ons vas – ons kan nie teruggaan nie, maar is ook te bang om vorentoe toe beweeg. Ek kán nie. Ek is nie goed, sterk of dapper genoeg om weer só seer…
Vertrou Hom Eers
“Moet my nie los nie, Pa!”
“Ek sal nie. Ek het jou. Ek belowe.”
Ek was ’n klein seuntjie en baie bang vir die water, nogtans wou my pa my leer swem. Hy het my doelbewus van die kant van die swembad af geneem na ’n diepte waar die water oor my kop kon kom. Daar was hy my enigste…
Vra Die Diere
Ons kleinkinders het verruk die bleskoparend wat gered is van naderby bekyk en selfs aan hom geraak. Die vrywilliger by die dieretuin het uitgewei oor die kragtige voël op haar arm en ek was verbaas om te hoor dat hierdie mannetjie ’n vlerkspan het van 2 m, hoewel hy weens sy hol gebeentes slegs 3,6 kg geweeg het.
Dit het…
Hy Het Ons Las Gedra
Dit is nie ongewoon dat diensterekeninge soms verrassend hoog is nie. Kieran Healy het egter ’n waterrekening ontvang wat ’n mens se hart sal laat staan – ’n bedrag van R1 193 910 200,00! Omdat hy seker was dat hy nie die vorige maand soveel water gebruik het nie, het hy skertsend gevra of hy die rekening in paaiemente kon…
Veilig In Sy Arms
Onweer het gedreig en ’n boodskap op my selfoon het gewaarsku oor moontlike kitsvloede. Daar was ’n ongewone aantal motors in ons buurt omdat ouers en ander mense die kinders by die bushalte kom haal het. Teen die tyd wat die bus daar aangekom het, het dit al begin reën. Dis toe dat ek die vrou sien wat ’n sambreel…
Verhale Van Jesus
As kind het ek graag na ons dorp se bibliotekie gegaan. Ek het na die rakke vol boeke in die jeugafdeling gekyk en gereken ek kon dalk ál daardie boeke lees. Ek het egter ’n belangrike punt misgekyk – nuwe boeke beland voortdurend op die rakke. Al sou ek ’n dapper poging aanwend, was daar net te veel boeke.
Nuwe…
Gesange Voor Die Dood
Twee mans was weens dwelmhandel ’n dekade lank in die dodeselle. Daar het hulle van God se liefde in Jesus vir hulle geleer en dit het hul lewens verander. Toe hulle voor die vuurpeleton staan, het hulle na hul teregstellers gekyk en die “Ons Vader” gebid en “Amazing grace” gesing. Danksy hul geloof in God kon hulle deur die krag…
Veel Meer As Woorde
Met ’n wydingseremonie is ’n Bybel wat in ’n plaaslike Afrikataal vertaal is, bekendgestel, en het die hoof van die area sy eie kopie ontvang. Hy het die Bybel waarderend na die hemel gelig en verklaar: “Nou weet ons God verstaan ons taal! Ons kan die Bybel in ons eie moedertaal lees.”
Ons hemelse Vader verstaan – ongeag die taal…
God Sing Oor Jou
Voordat ons kinders gehad het, het niemand my vertel hoe belangrik sang sou wees nie. My kinders is tans 6, 8 en 10, maar vroeër het hulle gesukkel om aan die slaap te raak. Ek en my vrou het snags beurte gemaak om ons kleintjies te wieg en gebid dat hulle gou aan die slaap sou raak. Ek het hulle…