Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Linda Washington

Gebed En Die Kettingsaag

Ek het waardering vir die vreesloosheid van my tante Gladys, selfs al bekommer ek my soms daaroor. Die oorsprong van my kommer het in die vorm van haar e-pos gekom: “Ek het gister die okkerneutboom afgesaag.”

Jy moet mooi verstaan dat my tante met die kettingsaag 76 jaar oud is! Die boom het agter haar motorhuis opgekom. Toe die wortels…

Uiterste Tevredenheid

Terwyl ons tydens ’n Bybelskoolprogram verversings aan die kinders uitgedeel het, het ons opgemerk dat een seun sy verversings baie vinnig verslind. Daarna het hy dit wat deur ander agter gelaat is, ook opgeëet. Selfs nadat ons aan hom ’n sakkie springmielies gegee het, was hy nog nie tevrede nie.

Ek het daaraan gedink dat, as dit by emosies kom,…

Gebrekkige Oordeel

Ek was vinnig om elkeen wat in die straat loop en met sy foon besig is, te oordeel. Hoe kan hulle so onbetrokke wees as ’n motor hulle kan raakry ? Gee hulle nie om vir hulle eie veiligheid nie? Maar een dag, terwyl ek verby ’n stegie gaan , was ek so verdiep in ’n teksboodskap, dat ek nie die…

Raad Van My Pa

Na my pos in die redaksie besnoei is, het ek gebid, en God gevra om my te help om ’n nuwe een te kry. Toe daar egter weke verbygaan en daar niks van my pogings om te netwerk en aansoeke te voltooi, kom nie, het ek begin dikmond raak. “Weet U nie hoe belangrik dit is dat ek werk moet…

’n Nuwe Gemeenskap

My vriendin se vyfjarige dogter, Maija, hou daarvan om poppe van verskillende speelstelle met mekaar om te ruil om sodoende nuwe gemeenskappe te skep. Sy glo dat die poppe op hulle gelukkigste is wanneer hulle saam is, ongeag hulle verskillende groottes en fatsoene.

Dit herinner my aan God se doel vir die kerk. Lukas vertel vir ons dat daar op…

Lyding Raak Een Én Almal

Toe een van ons kollegas vanweë erge pyn nie kon kom werk nie, was almal besorg. Nadat hy hospitaal toe is en ’n dag in die bed deurgebring het, het hy werk toe gekom en ons die oorsaak van die pyn gewys – ’n niersteen. Ek het na die steen gekyk en gekrimp van simpatie toe ek die verskriklike pyn…

Lei My Na Die Rots

Terwyl ek vir ’n bevogtiger gesoek het, was daar ’n ouer dame wat op en af in die gang stap. Ek het gewonder of sy ook een soek, en het opsy gestaan, dat sy kon verbygaan. Kort daarna het ons oor ’n virus in ons area gesels, wat haar ’n nare hoes en kopseer besorg het.

Sy het uitgebars in…

Lofprysing Deur Probleme

“Dit is kanker.” Ek wou sterk wees toe my Ma dit vir my sê. Tog het ek in trane uitgebars. Dit is woorde wat jy nooit wil hoor nie. Dit was my Ma se derde rondte met kanker. Nou moes sy ook hoor dat ’n kwaadaardige gewas onder haar arm verskyn het.

Alhoewel my Ma die een was met die slegte nuus, was…

’n Kwaai God?

Tydens my studies van die Griekse en Romeinse mitologie aan die universiteit, het dit my getref hoe buierig en kortgebonde die gode in die verhale was. Die objekte van hul woede se lewens is verwoes – dikwels op die ingewing van die oomblik.

Hoe kan enigiemand in sulke gode glo? Toe moes ek myself ook afvra: Verskil my siening van…

Met God se hulp

Soos ek ouer word, kom ek agter dat ek al hoe meer gewrigspyne het, veral wanneer dit koud word. Party dae voel ek minder soos ’n oorwinnaar en meer soos iemand wat oorwin word deur die uitdagings van ouer word.

My held is ’n ouer man met die naam Kaleb – die eertydse spioen wat deur Moses gestuur is om…