Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Lawrence Darmani

Sy Teenwoordigheid

Die besorgde pa en sy tienerseun het voor die waarsêer gesit. “Hoe ver gaan jou seun reis?” het hy gevra. “Na die groot stad,” het die man gesê, “en hy gaan lank weg wees.” Hy oorhandig ’n talisman (’n soort gelukbringer) en sê, “Hierdie sal hom beskerm waar hy ookal gaan.”

Ek was daardie seun. Daardie waarsêer en gelukbringer kon…

Veel Meer As Woorde

Met ’n wydingseremonie is ’n Bybel wat in ’n plaaslike Afrikataal vertaal is, bekendgestel, en het die hoof van die area sy eie kopie ontvang. Hy het die Bybel waarderend na die hemel gelig en verklaar: “Nou weet ons God verstaan ons taal! Ons kan die Bybel in ons eie moedertaal lees.”

Ons hemelse Vader verstaan – ongeag die taal…

Om Brûe Te Bou

In ons woonbuurt omring hoë mure ons huise. Baie van die mure is selfs met geëlektrifiseerde doringdraad verhoog. Die doel? Om rowers buite te hou.

Gereelde kragonderbrekings in ons gemeenskap het tot gevolg dat hek-klokkies dan ook buite werking is. As gevolg van die mure en kragonderbrekings kan dit gebeur dat ’n besoeker in die bloedige son of gietende reën…

Hy Ken Ons

Het God van my geweet toe ek een nag siek met koors en ’n kopseer ’n rit van 160 km na my tuisdorp aangepak het? “Here,” het ek gebid, “ek weet U is met my, maar ek is in pyn!”

Moeg en swak het ek langs die pad naby ’n klein dorpie stilgehou. Tien minute later het ek ’n stem…

Vrystel

Toe ek ’n seuntjie in ’n dorpie was, het iets omtrent hoenders my bekoor. As ek een kon vang, het ek dit ’n rukkie vasgehou en dan saggies vrygelaat. Omdat dit gedink het ek hou dit nog vas, het die hoender bly lê; hoewel dit vry was om te gaan, het dit steeds vasgevang gevoel.

Wanneer ons ons geloof in…

Loof God Se Goedheid

’n Lid van ons Bybelstudiegroep het voorgestel dat ons ons eie psalms skryf. Na ’n bietjie aanmoediging het elkeen ’n roerende digterlike lied geskryf oor God se werk in hulle lewe. Vanuit beproewinge, beskerming, voorsiening en selfs pyn en trane, het daar boodskappe gevloei wat aan ons bekorende temas verskaf het. Soos Psalm 136, het elke psalm vertel dat daar…

Krag In Lyding

Die agtienjarige Sammy se familie het hom verwerp toe hy Jesus as sy Verlosser aangeneem het. Hulle was tradisioneel van ’n ander geloof. Die Christengemeenskap het hom verwelkom, bemoedig en finansiële hulp vir sy opleiding aangebied. Sy getuienis is later in ’n tydskrif gepubliseer, waarop sy vervolging verskerp is.

Sammy het steeds sy familie besoek en met sy pa gepraat,…

Span Jou In

Toe ek verby ’n buitemuur stap van die kantoorblok waarin ek werk, was ek verbaas om ’n pragtige blom te sien groei in ’n kraak tussen twee betonblaaie wat op die grond lê. Ten spyte van die beperkende omstandighede het die plant ’n vasklouplek gekry, wortel geskiet in die droë spleet en bo verwagting gefloreer. Ek het later opgemerk dat…

Nader Tot God

’n Vrou wat ’n begeerte gehad het om te bid gryp na ’n leë stoel en kniel daarvoor. In trane, sê  sy, “My Hemelse Vader, sit asseblief hier; ek en U móét praat!” Toe, kyk sy reguit na die leë stoel en begin bid. Sy het haar vertroue in die toeganklikheid tot die Here uitgebeeld; sy het haar verbeel Hy sit op…