Kategorie  |  Uncategorized

Onverwagse Welwillendheid

My vriendin het in die ry gestaan om haar kruideniersware te betaal toe die man voor haar omdraai en haar ’n geskenkbewys van R170 korting op haar rekening gee. Sy was moeg en het in trane uitgebars as gevolg van sy vriendelike daad, en daarna vir haarself gelag oor haar gehuilery. Dié onverwagse goeie daad het haar aan die hart…

Die Groot Crescendo

My ouers het ’n liefde vir musiek by my gekweek – van country tot klassiek. My hart het dus gebons toe ek by die Moskou Konservatorium – een van Rusland se beroemde musieksale – instap en die Moskou Nasionale Simfonie hoor speel. Terwyl die dirigent die musikante deur ’n meesterlike stuk van Tchaikovsky begelei het, het temas ontwikkel wat geleidelik…

Waar Vind Ons Vrede?

“Hoop jy steeds op vrede?” het ’n joernalis in 1984 vir Bob Dylan gevra.

“Daar gaan geen vrede wees nie,” het hy geantwoord. Hoewel sy antwoord kritiek uitgelok het, kan ons nie ontken dat vrede ons bly ontwyk nie.

Byna 600 jaar voor Christus het die meeste profete vrede voorspel. Nie God se profeet nie! Jeremia het die mense herinner…

Onmoontlik Om Vas Te Hou

Terwyl Caitlyn saam met vriende in die Golf van Mexiko geswem het, het ’n haai haar aangeval. Sy het die haai op die neus geslaan, waarna die roofdier haar laat los en weggeswem het. Hoewel sy heelwat wonde gehad het – dit het meer as 100 steke vereis – kon die haai Caitlyn nie in sy greep gevange hou nie.…

Om die Pad Te Kies

Ek het ’n pragtige foto van ’n jong man wat in die herfsgekleurde Coloradoberge op ’n perd sit en oorweeg watter een van die paaie voor hom hy sal inslaan. Dit herinner my aan die gedig van Robert Frost: “The road not taken.” Daarin peins Frost oor twee uitgange voor hom. Albei lyk ewe aanloklik, maar hy twyfel of hy…

’n Skat In ’n Pampoen

As ’n jong ma was ek vasbeslote om rekord te hou van die eerste jaar van my dogter se lewe. Ek het elke maand foto’s geneem om te wys hoe sy verander en gegroei het. In een van my gunstelingfoto’s sit sy in ’n uitgeholde pampoen wat ek by ’n boer gekoop het. Daar sit sy toe – die vreugde…

Die Ware Ek

Gevoelens van onwaardigheid en skaamte het jarelank byna my hele lewe negatief beïnvloed. Sê nou ander hoor van my reputasie? Met God se hulp het ek ’n kerkleier vir ete genooi, tog wou ek perfek voorkom. My huis was silwerskoon, ’n driegangmaaltyd gereed en ek was in my beste klere.

Ek is gou na buite om ’n kraan toe te…

Altyd Aanvaar

Ná ’n hele paar jaar waarin Angie op akademiese gebied probeer byhou het, is sy uiteindelik uit haar keurlaerskool gehaal en oorgeplaas na ’n “normale” skool. Neem ’n mens Singapoer se hoogs wedywerende onderwysomgewing in ag, waar ’n “goeie” skool jou vooruitsigte kan verbeter, kan dit as ’n fout gesien word.

Angie se ouers was teleurgestel, en Angie self het…

Bring Julle Bote

In 2017 het Orkaan Harvey vloede van katastrofiese omvang in oostelike Texas veroorsaak. Die geweldige reën het duisende mense in hul huise vasgekeer toe hulle nie die vloedwaters kon ontsnap nie. Met hul bote – die “Texas Navy” genoem – het baie van die private inwoners van ander dele van die staat en nasie gehelp en die vasgekeerde mense na…

’n Doring Wat Deurboor

Die bloed het geloop toe ’n doring in my wysvinger steek. Ek het gegil en toe met ’n kreun my vinger instinktief weggeruk. Ek behoort nie verbaas te gewees het nie – om ’n doringbos sonder handskoene te probeer snoei, was ’n uitnodiging vir wat pas gebeur het.

Die pyn wat in my vinger geklop het asook die bloed wat…