Soos ’n lam
Die Italiaanse kunstenaar, Caravaggio, het in 1602 ’n skildery geskilder bekend as The Taking of Christ. Hierdie skildery is ’n vroeë voorbeeld van die Barok styl en besonder indrukwekkend. In donker kleure geskilder, laat dit die kyker nadink oor Jesus se arrestasie in die Tuin van Getsemane. Die twee belangrikste elemente wat die kyker se aandag vereis, is eerstens Judas…
Die krag van lofprysing
Lofprysing is wonderlik! Die Skotse pastoor, Robert Murray McChenye, het altyd lofliedere gesing wanneer sy hart koud was ten opsigte van die sake van die Here. Dan het hy die Here geloof en geprys totdat die moedeloosheid gewyk het en hy weer positief gevoel het. Sy huisgenote het altyd geweet wanneer hy wakker geword het, want hy het altyd die…
Maak skoon die omgewing
Wat ’n verskriklike probleem is besoedeling tog! Almal ly daaronder en tog dra almal van ons daartoe by. Besoedeling kan baie vorme aanneem, maar een tipe word gewoonlik nie maklik raakgesien nie en Charles Swindoll noem dit “verbale besoedeling”. Dit word gewoonlik deur dobbelaars, murmureerders, kritiseerders en skinderbekke rondgestrooi. “Die gif van pessimisme,” skryf Swindoll, “skep ’n negatiewe atmosfeer en…
Ons enigste hoop
’n Onbekende skrywer het geskryf: “Toe ek aanvanklik tot bekering gekom het, en ’n paar jaar daarna, was die gedagte aan Christus se wederkoms ’n besondere idee, ’n wonderlike hoop en ’n heerlike belofte. Die mees inspirerende liedere in destydse eredienste het oor die wederkoms gehandel. “Later het dit ’n inherente deel van geloof geword, ’n onsigbare kenmerk van my…
Hiervoor het ek Jesus
Tydens ’n evangelisasiediens in Ierland was die prediker besig om te verduidelik wat dit beteken om in Christus te bly en Hom volkome te vertrou. Toe hy sy boodskap afsluit, het hy die volgende woorde ’n paar keer herhaal: “Dit beteken dat jy in elke omstandigheid kan sê: ‘Hiervoor het ek Jesus.’” Daar is geleentheid gegee vir getuienisse. ’n Jong…
Om te praat of nie te praat nie
Somtyds is dit beter om te swyg as jy valslik beskuldig word. Maar by ander geleenthede moet jy praat. Toe valse getuies Jesus voor die Sanhedrin aangekla het, het Hy geswyg (Markus 14:53-61). Om Homself te verdedig sou nutteloos wees. Buitendien was Hy besig om die profesie van Jesaja 53 vers 7 in vervulling te laat gaan. Maar by vorige…
Die Skoonheid Van Vergifnis
Iets wat aanvanklik as ’n versameling begin het, het gegroei tot ’n moontlikheid om ander te bedien. Larry en Mary Gerbens is al die afgelope 10 jaar besig om artistieke werke oor die Verlore Seun van Lukas 15 te versamel. Hulle versameling sluit ’n skildery van Rembrandt in en heelwat ander artikels van bekende kunstenaars wat hierdie episode uitbeeld. Die…
my koninkryk?
Gedurende 1977 het die 15 jarige Kevin Baugh en ’n vriend besluit om hulle eie land te skep, net vir die grap. Die land is die Republiek van Molossia genoem. Hulle het ’n kaart opgetrek, papiergeld geskep en ’n vlag gemaak. Vandag nog gaan mnr. Baugh voort met sy denkbeeldige mikro-nasie – net vir die grap. Toe Coleen Mastony, verslaggewer…
Dankie, here!
Die menslike hulpbronne afdeling van RBC Ministries het ’n effektiewe en bemoedigende program geloots wat op dankbaarheid fokus. Wanneer ’n personeellid opmerk dat ’n ander werker iets besonders hier op kantoor doen, kan hy of sy ’n spesiale “dankie sê” kaartjie neem, wat die hulpbronne afdeling beskikbaar gestel het en ’n kort woordjie van waardering neerskryf. Dit voel so goed…
God het jou nodig!
Die Here Jesus het ’n donkie gekies om Hom op sy triomftog Jerusalem in te neem. Sy dissipels is beveel om aan die mense te sê: “Die Here het hom nodig” (Markus 11:3). Is dit nie verbasend dat die Seun van God so ’n eenvoudige rytuig sou kies om sy doel te verwesenlik nie? Alexander Maclaren sê hieroor: “Christus kom…