botox vir die siel
Gebruik jy Botox (’n verjongingskuur)? Baie mense gebruik dit wel. Sommige neem die behandeling om gesondheidsredes, maar baie ander net om jonger te lyk. Voorkoms is vir baie mense so belangrik dat hulle toelaat dat hulle met sekere middels ingespuit word wat glo die plooie sal wegneem. Plooie verdwyn wel vir ’n rukkie, maar kom dan weer tevoorskyn en dan…
skuiwergate
Vyfjarige Jenna se dag het nie goed begin nie. Alles wat sy probeer het om sake volgens haar wil te laat gebeur, het misluk. Redenasies het nie gehelp nie, ook nie om nukkerig te wees en te huil nie. Nee, niks wou help nie. Toe het haar mammie haar aan die Bybelteks wat sy die oggend in Engels gelees het,…
stilte, asseblief!
Ons wêreld is besig om al hoe luidrugtiger te word. Maar die nuusberigte dui aan dat ’n metode gevind is waardeur absolute stilte verkry kan word. “Wetenskaplikes het die bloudruk vir ’n ‘akoestiese kleed’ getoon, wat voorwerpe glo onvatbaar vir klankgolwe sal maak. Die tegnologie word in die nuwe Journal of Physics uiteengesit en sal gebruik kan word om klankdigte…
Die persoon van die bybel
Gedurende ’n konferensie vir kerkleiers wat by die Seattle Pacific universiteit gehou is, het die bekende pastoor Earl Palmer vertel van ’n gebeurtenis wat ’n magtige invloed op sy prediking en lering vir byna 50 jaar gehad het. Terwyl hy student was en ’n Bybelstudie gelei het, het hy die deelnemers aangemoedig om die Bybelteks en sekere woorde uit die…
Gered
Lauren was gespanne, tog opgewonde, toe sy haarself in die Eskimobootjie laat vasgespe om saam met ’n klompie ander riviervaarders en hulle gidse die rivier aan te durf. Toe Lauren die watervalle verder af in die rivier sien, het sy nog meer senuagtig en bang geword. Toe, meteens, het die Eskimobootjie omgeslaan. Sy is vooraf ingelig wat sy moes doen,…
Algemene taal
Terwyl ’n groep hoërskoolleerlinge ’n uitreik na Jamaika onderneem het, het hulle besoek afgelê by ’n tehuis vir tieners wat die wet oortree het en wie se ouers hulle nie kon hanteer nie. Dit was nie ’n gemaklike situasie vir die twee groepe tieners nie. Wat moes hulle vir mekaar sê? Hoe kon hulle regtig met mekaar kontak maak en…
Hoe kan ons nalaat om te sing?
Robert Lowry het gedink hy sou die beste bydrae deur sy prediking kon lewer, maar hierdie 19de eeuse pastoor sal die beste onthou word vir die evangeliese liedere wat hy geskryf het. Hy het die musiek of woorde vir meer as 500 liedere geskryf, insluitende liedere soos Christ Arose, I need Thee every Hour, en Shall We Gather at the…
Die langsaamheid van wysheid
Toe die Fariseërs na Jesus toe gekom het met die vrou wat owerspel gepleeg het en Hom gevra het wat hulle met haar moes doen, het Hy neergebuk en op die grond geskrywe (Joh. 8:6-11). Niemand van ons weet wat Hy daar geskryf het nie, maar toe hulle aanhou om te vra, het Jesus met een kort sin geantwoord: “Laat…
Sowel naby as ver
Alles was doodstil in die tuin. Terwyl ek besig was om by my werkstafel te werskaf het Maggie, ons hondjie, naby op die gras gelê. Skielik was daar die geritsel van droë blare en meteens het alles verander. Maggie het opgespring en om ’n boom gesirkel, haar oë gevestig op ’n groen houtkapper wat styf aan die boomstomp vasgeklou het.…
Ouer of beter?
Ons kan weet ons is besig om ouer te word as ons die volgende opmerkings aan ander maak: “Kan jy dit glo dat daardie bofbalspelers nog so jonk is?” En dis ’n sekere bewys dat ons ouer word as ons nie langer vra “Hoe gaan dit?” nie, maar eerder sê:“Haai, jy lyk nog so goed,” asof ons verras is. Om…