Die soekende god
Pastoor Tim Keller van die Redeemer Presbeteriaanse Kerk in Manhattan, sê dat die Christelike geloof uniek is en anders as al die ander godsdienste. Dit handel oor God, wat op soek is na die mens om ons na Homself te trek. In al die ander godsdienste is die mens op soek na God en probeer hulle om deur positiewe optrede,…
Kersfees – God se geneesmiddel
As jou dokter jou skakel en in ’n ernstige stemtoon sê, “Kom sien my asseblief so gou as moontlik. Daar is iets wat ek met jou moet bespreek,” sal jy weet dat hy slegte nuus vir jou het! Jou eerste reaksie sal waarskynlik wees: “Nee, ek wil nie weet nie.” Maar jy sal tog gaan, want dis eers as jy…
Oog tot oog met ’n bulhond
My seun en sy vrou het ’n Amerikaanse bulhond, fris en sterk van lyf en met ’n vreesaanjaende gesig. En totdat ons vriende geword het, was “Buddy” nie seker dat hy my kon vertrou nie. As ek regop gestaan het, het hy van my af weggebly en my nie in die oë gekyk nie. Toe eendag ontdek ek dat as…
Paralelle wêrelde
So dikwels ontdek ek dat ek aan die kwessie van geloof dink. Ek staan by ’n lughawe en sien hoedat welgeklede persone in deftige pakke heen en weer skarrel, aktetasse onder die arm vasgeklem. Ek sien hoedat hulle by koffiestalletjies plaasneem, vinnig ’n koppie koffie geniet en dan voortjaag na die volgende vergadering. Dan wonder ek: Sou enige van hulle…
Volkome oorgawe
Deur die geskiedenis heen is Maria, die moeder van Jesus, met besondere agting bejeën. Dis ook reg so! God het haar gekies om die moeder van ons Here Jesus te wees. Maar voordat ons oor die belangrikheid van haar lewe gesels, laat ons nadink oor wat sy moes opoffer om hierdie opdrag te aanvaar. Woonagtig in ’n klein dorpie in…
Newgrange
Newgrange is ’n grafkelder in Ierland wat 5,000 jaar oud is. Dis gebou deur ’n boerderygemeenskap in die Boyne Vallei. Die besondere struktuur strek oor meer as ’n akker, en in vroeër jare het mense soontoe gegaan om met die kwessie van die dood te worstel. Dis veral bekend vir ’n sonstraal, wat vir 17 minute elke dag, tussen 19…
Jesus in die sentrum
Het jy gehoor van die “Christosentriese Beginsel” ten opsigte van die begrip van die Bybel? Eenvoudig gestel beteken dit dat alles wat ons in verband met God, engele, Satan, menslike verwagtinge en die heelal weet, die beste verstaan word as dit in verhouding tot Jesus beskou word. Hy staan in die sentrum. Onlangs het ek ontdek dat een van die…
God se liefde deur my
Gedurende ’n geestelike sessie tydens ’n konferensie, het die leier ons gevra om 1 Korintiërs 13 verse 4 tot 8 hardop te lees en elke keer die woord “liefde” met die woord “Jesus” te vervang. Dit het so natuurlik geklink om te sê: “Jesus is geduldig; Jesus is vriendelik, Jesus is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie ... Jesus…
Die groot wonderwerk
Leonard Ravenhill (1907-1994), ’n Britse evangelis het eenmaal gesê: “Die grootste wonderwerk wat God vandag kan doen, is om ’n onheilige man uit ’n onheilige wêreld weg te neem, hom heilig te maak en hom dan weer in die onheilige wêreld terug te plaas en hom daar heilig hou.” Dis wat God met Jesaja gedoen het toe Hy hom geroep…
Die probleem van onderwerping
Gedurende ’n onderhoud, het ’n beroemde spreker bely dat sy duisende rande en honderde ure elke jaar spandeer, om haar hare na haar smaak te stileer. Sy het erken dat dit by haar ’n verslawing geword het en dat sy nie daarvan kan loskom nie. Sy kon haarself nie “van hierdie verslaafdheid bevry nie.” Die woord onderwerping beteken om “jouself…