Ek was verlede somer besig om forelle in ’n nabye rivier te vang toe my aandag getrek is deur ’n vis wat daar naby doenig was. Ek het opgekyk na die vis en toe het ek op die wal ’n bekende persoon raakgesien –’n visterman wat landwyd bekend was as ’n gids vir forelvistermanne. Toe ek Dave Tucker sien, het ek onmiddelik van my eie vertoning bewus geword, die foute wat ek altyd begaan en terwyl ek daaraan gedink het, het ek die vis laat wegkom. So gaan dit as ons ons aandag van die taak waarmee ons besig is, laat afdwaal en aan ons eie gebreke dink. W. H. Auden het ’n treffende gediggie geskryf oor diegene wat hulleself vergeet terwyl hulle besig is om iets te doen – ’n kok wat ’n spesiale sous berei, ’n snydokter wat ’n insnyding doen, ’n klerk wat besig is om rekeninge uit te skryf. “Hulle het almal dieselfde ernstige uitdrukking en vergeet hulleself in die taak wat hulle verrig,” sê hy. Dit laat ons aan Filippense 2:3-4 dink: “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” Wanneer ek luister na iets wat ’n vriend sê, moet ek op hom fokus en nie begin wonder hoe ek lyk, wat hy van my dink en wat ek verder moet sê nie. Kom ons plaas ander mense eerste deur aandagtig te luister, te konsentreer op wat gesê word, en onsself te vergeet.