Moeilik Om Jou Dit Voor Te Stel
Wanneer ek en my vrou van plan is om met vakansie te gaan, hou ons daarvan om alle moontlike inligting oor ons bestemming na te lees. Ons bestudeer die kaarte en sien so uit om eindelik op die plek te kom waaroor ons reeds so gedroom het. Vir diegene wat Jesus Christus ken, lê daar ’n ongelooflike bestemming in die…
Om Onsself Te Voed
Die arendjies was honger maar dit wou voorkom asof Ma en Pa nie juis omgee nie. Die oudste een van die drie besluit toe om die probleem op te los deur aan ’n takkie te kou. Blykbaar het dit nie gehelp om sy honger te stil nie en hy het dit spoedig gelos. Hierdie dramatjie is gebeeldsend deur die Norfolk…
Geldige Toegang
Op ’n reis na ’n bestemming buite die VSA is ek en my vrou toegang geweier as gevolg van ’n fout met ons visums. Alhoewel ons onder die indruk was dat ons visums korrek uitgereik was, is hulle as ongeldig beskou. Ten spyte van die pogings van verskeie regeringsamptenare kon niks aan die saak gedoen word nie en is ons…
’n Familie In Die Moeilikheid
Baie van Amerika se 30 miljoen witstert takbokkies word met uitwissing bedreig en nie deur gewere nie, maar deur die motors in ons groeiende woonbuurtes. Ek het weer aan hulle probleem gedink toe ’n bokooi deur die verkeer gebars het, reg voor my motor in. Terwyl ek toegekyk het, het ek gewonder wat haar gedryf het om so ’n kans…
Praat Sag; Praat Stadig
John Wayne, bekende en beroemde Amerikaanse akteur wat in baie films gespeel het, het eenmaal gesê: “Praat sag, praat stadig en moenie te veel sê nie.” Sy advies is vir my moeilik en ek sukkel om dit te doen, want ek praat vinnig en nie altyd sag nie. Ek beperk nie my woorde nie. Nogtans kan hierdie advies om jou…
Om Sondige Mislukkings Te Oorkom
Hoe moet ons optree as ons fouteer en die koninkryk van God skade aangedoen het in die oë van familie en vriende vanweë gebrek aan geloof, of as ons die Naam van God oneer aangedoen het deur ongehoorsaamheid? Ons kan die voorbeeld van koning Dawid volg nadat hy deur die skandaal met Batseba verneder is. Alhoewel die gevolge van daardie…
Om God Se Wil Te Ken
’n Jong man wat onseker was oor wat die nuwe jaar sou bring, het tot die slotsom gekom dat niemand die wil van God kan ken nie. Is hy reg? Beteken onsekerheid oor die toekoms dat ’n mens nie God se wil kan ken nie? Dikwels kom mense tot die gevolgtrekking dat as hulle nie weet wat ’n spesifieke situasie…
Die Muur Wat Skeiding Maak
Op die 9de November 2010 is die 21ste viering van die val van die Berlynse Muur. Op daardie dag in 1989 is daar op TV van Oos-Berlyn aangekondig dat mense nou vry was om na Wes-Berlyn te gaan. En ’n dag later het Oos-Berlynse stootskrapers begin om die muur wat vir 28 jaar die skeiding gevorm het, om te stoot.…
Die Doel Van God Se Goedheid
Toe ek grootgeword het, het ons dikwels ’n pragtige lied in die Sondagskool gesing. Dit het so gelui: “God is goed vir my! God is goed vir my! Hy hou my hand vas en help my staande te bly! God is baie goed vir my!” Ek moet dadelik bely dat ek glo dat God goed is en dat dit Hom…
Bekommernis Oor Geldsake
Jesus het meer oor geldsake in die Bybel gepraat as oor enige ander saak. Lukas 12 gee vir ons ’n opsomming van sy houding ten opsigte hiervan. Hy veroordeel nie die besit van besittings nie, maar Hy waarsku dringend dat ’n mens nie jou vertroue op finansies moet plaas om jou toekoms te verseker nie. Geld kan nie die probleme…