“Wat ’n vrot ontwerp!” het ek gekla toe ek ons papierkerwer moes leegmaak. Ek het goeie raad van vriende gevolg om persoonlike dokumente wat nie meer van toepassing was nie, stukkend te kerf, maar toe ek die houer wou leegmaak, het snippers die wêreld vol gelê. Een spesifieke dag toe ek weer die snippers moes optel, het ek die blink gedagte gekry om ’n klein plastiese sak, onderstebo oor die kewer te te plaas. Dit was voorwaar ’n slim plan. Daar was nie een enkele stukkie papier op die grond nie! Dit was ek wat die fout begaan het. Ek het altyd gewag tot die houer stampvol was, voordat ek dit wou leegmaak Indien ons toelaat dat sonde in ons hart ophoop, sal dit ook naderhand oorspoel in ons lewe. Ons lees in Lukas 6:45: “Die slegte mens bring die slegte dinge te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge.” Dis inderdaad waar: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor” (6:45). Sê nou maar ons sou die gemors van sonde uit ons hart verwyder voordat dit na ander mense kan oorspoel? En van ons bitterhede, hardkoppigheid, hoogmoed en woede ontslae raak voordat dit skade kan doen? (Efes. 4:26-32). Onthou dat 1 Joh. 1:9 ons daaraan herinner dat as ons ons sondes bely, sal God dit vergewe en ons van alle ongeregtigheid reinig. ’n Papierkerwer is gemaak om afval op te gaar, maar ons is nie!