Kategorie  |  Uncategorized

Haai Aanvalle

Tydens ’n onlangse middagete het die kwessie van haai aanvalle ter sprake gekom. Daar is vertel dat so ’n aanval eenmaal in die Michigan meer voorgekom het. Dit het so onwaarskynlik geklink dat ’n haai in ’n varswater meer, so ver van die see af, gevind kon word. Ek het op internet gekyk en gesien dat daar wel melding gemaak…

Binneste Buite

Gedurende ’n internasionale konferensie oor boeke en die publikasie van literatuur, het ’n jong Fransman vertel wat hy daar beleef het. ’n Dame het een van sy boeke opgetel, dit bekyk en toe verklaar: “Uiteindelik! ’n Verhaal wat skoon is!” Hy het reageer: “Ek skryf skoon verhale omdat my denke suiwer is. Dis nie vir my ’n inspanning nie!” Wat…

Impak Vir Christus

Die afgelope klompie jare was dit my voorreg om tieners op agt sendinguitreike te neem. Een ding wat ek geleer het is dat tieners nooit te jonk is om ’n impak vir Jesus te maak nie – op my, of op ander met wie hulle in aanraking kom. Ek het ook agtergekom dat die tieners wat die grootste impak op…

Twee Verhale Van Een Stad

Die boek Jona bevat alles wat nodig is om ’n spannende rolprent te maak. Dit vertel van ’n profeet wat gevlug het, ’n verskriklike storm, die profeet wat deur ’n groot vis ingesluk word, en God wat dan ingryp om die profeet se lewe te red met die gevolg dat ’n groot, heidense stad die evangelie hoor en tot berou…

Sonsopgang!

Ons woon in die staat Idaho en volgens een legende kom dié naam van ’n woord in die taal van die Shoshone Indiane “ee-dah-how”. Wanneer dit in Engels vertaal word, beteken dit iets soos “Kyk (behold!) die son wat bokant die berge sy verskyning maak.” Ek dink dikwels daaraan wanneer die son bokant die berge in die ooste verskyn en…

Verborge Sonde

Chuck het sy motor tot stilstand gebring toe hy skielik van agter deur ’n ander voertuig getref is en teen die motor voor hom vasgedruk is. ’n Gekraak en geskuur het aangedui dat nog voertuie van agter in hulle vasgery het. Chuck het ’n paar oomblikke doodstil bly sit. Toe hoor hy hoedat die motor direk agter hom uitswaai en…

Verkeerde Keuse

’n Bejaarde TV ster is deur Larry King, gasheer van die gespreksprogram, uitgevra aangaande die hemel. King het na Billy Graham verwys wat aan hom gesê dat hy “weet wat die toekoms inhou. Dit sal die paradys wees. Hy is onderweg na die hemel.” King het toe aan sy gas gevra: “Wat glo u?” Die man het geantwoord. “Ek hou…

Matteus 6:1-6

Ek is nog altyd diep beïndruk deur die gebeure wanneer die wagte by die Graf van die Onbekende Soldaat in die Arlington Nasionale begraafplaas, omgeruil word. Die versigtig beplande optrede is ’n aangrypende huldeblyk aan soldate wat in gevegte gesterf het en wie se name alleen by God bekend is. Net so aangrypend is die stadige op en af marsjering…

Behou Die Wonder

Onlangs toe ek en my vrou ’n vlug onderneem het, het ons langs ’n ma en haar seuntjie te lande gekom. Toe die vliegtuig opstyg, het hy uitgeroep: “Mamma, kyk hoe hoog is ons. En alles word net kleiner!” ’n Paar minute later het hy opgewonde gesê: “Is daardie wolke nou onder ons? Wat doen hulle daar? Hulle moet mos…

Luister Jy?

Hy was moeg en kwaad. Hy was omgekrap dat hy altyd beskuldig word vir alles wat verkeerd gaan. Jaar vir jaar het hy hulle deur al die moeilike situasies deurgehelp. Hy was voortdurend besig om vir hulle by die Here in te tree, maar al wat hy vir al sy moeite gekry het, was kritiek en probleme. Uiteindelik het hy…