As kind het ek ’n held gehad: iemand wat ek bewonder het – Pete Maravich. Hy was ’n basketspeler wat baie doele aangeteken het en die bal op wonderlike wyse hanteer het. Die probleem was egter dat omdat ek soos Pistol Pete wou wees, was ek ontevrede omdat God my gemaak het soos ek is. Toe ek eindelik besef het dat ek nooit soos Pete sou kon speel nie, was ek moedeloos. Ek het selfs uit die kollege se span bedank omdat ek nie Pete se spelpeil kon bereik nie. Kinders tree vandag nog so op. Hulle voel ontevrede omdat God hulle gemaak het soos hulle is, want hulle vergelyk hulleself met hulle “perfekte” helde. Johnny Diaz, ’n Christen sanger, het hierdie probleem opgemerk en skryf toe ’n lied “More Beautiful than You.” Die lied begin so: Klein dogtertjie van veertien blaai deur ’n tydskrif en sê sy wil ook so lyk. Sommige dogtertjies wil soos die Disney ster Selena Gomez, of ’n ander rolprentster lyk, net soos ek graag soos Maravich wou wees. Diaz se lied vervolg: Daar sal nooit iemand mooier as jy wees nie. Moenie luister na leuens … jy is vir ’n spesifieke doel geskep, iets wat net jy kan bereik. Diaz sê as ’t ware wat ’n ander skrywer baie lank gelede onder die invloed en inspirasie van God gesê het: “U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep” (Psalm 139:14). God het ons gemaak soos Hy ons wou hê. Glo dit. Jy sal nooit mooier wees as wat jy nou is nie.