Kategorie  |  Uncategorized

God Met Ons

“Christus met my, Christus voor my, Christus agter my, Christus in my, Christus onder my, Christus bo my, Christus regs van my, Christus links van my ... ” Hierdie lirieke van ’n gesang, geskryf deur Christian St Patrick, eggo in in my kop wanneer ek Matteus se weergawe van Jesus se geboorte lees. Dit voel soos ’n warm omhelsing, wat…

Stille Nag van die Siel

Lank voor Joseph Mohr en Franz Gruber die bekende Kerslied “Stille Nag” geskep het, het Angelus Silesius geskryf:

Kyk! In die stille nag is ’n kind tot God gebore,

En almal is gebring wat eers verlate en verlore was.

Kon maar u siel, o mens, ’n stille nag wees,

Sou God in u gebore word en alles genees.

Silesius, ’n Poolse monnik, het die gedig…

Tuis Vir Kersfees

Een jaar was ek met Kersfees besig met ’n werksopdrag op ’n plek wat baie van my vriende nie eens op ’n kaart kon opspoor nie. Ek het van my werkplek na my kamer toe gestrompel, gestaal teen die ysige wind wat van die Swartsee af gewaai het. Ek het huis toe verlang.

Tuis het ek die deur oopgemaak op ’n…

Die Stilte Verbreek

Aan die einde van die Ou Testament lyk dit of God wegkruip. Vir vier eeue het die Jode gewag en gewonder. Dit wou voorkom asof God passief en onbetrokke gestaan het teenoor Sy volk en doof was vir hulle gebede. Net een hoop het oorgebly: die antieke belofte van ’n Messias. Op daardie belofte het die Jode alle hoop geplaas.…

Uiterste maatreëls

’n Paar jaar gelede het ’n vriendin se seuntjie weggeraak terwyl hulle deur ’n skare mense mense geloop het op Union Stasie in Chicago. Dit was ’n skrikwekkende ervaring. Rasend het sy sy naam uitgeroep en teruggehardloop na die roltrap, terug op haar spore, in ’n poging om haar seuntjie op te spoor. Die minute wat hulle weg van mekaar…

Ewigdurende Hoop

In die week voor Kersfees, twee maande na my moeder oorlede is, was vakansie-inkopies en versierings onderaan my prioriteitslys. Ek het my man se pogings weerstaan om my te troos met die verlies van ons diep gelowige matriarg. Ek was nukkerig terwyl my seun Xavier die stringe Kersfeesliggies losgemaak en vasgekram het teen die mure. Sonder ’n woord het hy…

Saggeaardheid

Probleme kan ons knorrig en kortaf maak, maar ons mag nooit hierdie slegte gedrag verskoon nie. Dit kan ellende om ons saai. Ons het nie ons plig nagekom tot ons geleer het om vriendelik te wees nie.

Die Nuwe Testament het ’n woord vir die deug wat ons onsmaaklikheid regstel – saggeaardheid, wat ’n goedhartige en minsame siel veronderstel. Efesiërs…

Groot Wêreld, Groter God

Terwyl ons deur Noord-Michigan gereis het, het Marlene opgemerk: “Dit in ongelooflik hoe groot die wêreld is!” Sy het die opmerking gemaak toe ons verby ’n bord gery het wat die 45ste breedtegraad aandui - die punt halfpad tussen die ewenaar en die Noordpool. Ons het gesels oor hoe klein ons is en hoe ontsaglik groot ons wêreld is. Nogtans,…

Meer As ’n Held

Terwyl die Star Wars-aanhangers gretig wag op die vrystelling van Episode 8, “The Last Jedi”, is die mense steeds besig om die merkwaardige sukses van hierdie rolprente, vanaf 1977, te ontleed. Frank Palotta, verslaggewer vir CNNMoney, meen dat Star Wars aanklank vind by baie wat uitsien na “’n nuwe hoop en ’n goeie mag op ’n tydstip wat die wêreld helde…

Met God se hulp

Soos ek ouer word, kom ek agter dat ek al hoe meer gewrigspyne het, veral wanneer dit koud word. Party dae voel ek minder soos ’n oorwinnaar en meer soos iemand wat oorwin word deur die uitdagings van ouer word.

My held is ’n ouer man met die naam Kaleb – die eertydse spioen wat deur Moses gestuur is om…