Terwyl ons deur Noord-Michigan gereis het, het Marlene opgemerk: “Dit in ongelooflik hoe groot die wêreld is!” Sy het die opmerking gemaak toe ons verby ’n bord gery het wat die 45ste breedtegraad aandui – die punt halfpad tussen die ewenaar en die Noordpool. Ons het gesels oor hoe klein ons is en hoe ontsaglik groot ons wêreld is. Nogtans, vergeleke met die grootte van die heelal, is ons planeet net ’n spikkeltjie stof.

As ons wêreld goot is, en die heelal eindeloos groter, hoe groot is die Een wat dit so magtig geskape het? Die Bybel leer ons, “God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.” (Kol. 1:16)

Dit is goeie nuus dat dieselfde Jesus wat die heelal geskape het die Een is wat ons elke dag verlos van ons sonde. Die nag voor Hy gesterf het, het Jesus gesê: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle kan vrede vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh. 16:33)

Wanneer ons die uitdagings van die lewe trotseer, beroep ons ons op die Een wat die heelal geskape het, wat gesterf en opgestaan en hierdie wêreld se gebrokenheid oorwin het. In tye van worsteling, bied Hy Sy vrede aan ons.