Soos ek ouer word, kom ek agter dat ek al hoe meer gewrigspyne het, veral wanneer dit koud word. Party dae voel ek minder soos ’n oorwinnaar en meer soos iemand wat oorwin word deur die uitdagings van ouer word.

My held is ’n ouer man met die naam Kaleb – die eertydse spioen wat deur Moses gestuur is om Kanaän, die Beloofde Land, te verken. (Num. 13-14). Na die ander spioene ’n ongunstige verslag gegee het, was Kaleb en Josua die enigste spioene wat God uitgekies het om Kanaän binne te gaan. Nou, in Josua 14, moet Kaleb sy grond kry. Maar daar was nog vyande om te verslaan. Nie tevrede om af te tree en die oorlog aan die jonger generasie oor te laat nie, verklaar Kaleb: “ … daar [is] Enakiete en groot vestingstede. Miskien sal die Here by my wees sodat ek hulle kan verower soos Hy beloof het.” (Josua 14:12)

“Die Here sal by my wees.” Dit is die gedagte wat Kaleb paraat gehou het. Hy het op God gefokus en nie op sy gevorderde leeftyd nie. God sou hom help met wat ook al gedoen moes word.

Die meeste van ons oorweeg nie enigiets groots wanneer ons ’n sekere ouderdom bereik nie. Maar ons kan steeds groot dinge vir God doen, ten spyte van ons ouderdom. Wanneer Kaleb-grootte geleenthede na ons kant toe kom, hoef ons nie weg te skram nie. Met die Here wat ons help, kan ons oorwin!