Kategorie  |  Uncategorized

anderkant die status Quo

Dr. Jack Mezirow, ’n emiritus professor aan die Columbia Teachers College, is van mening dat die essensiële element in volwasse lering is om gereeld jou eie persepsies en insigte krities te evalueer. Dr. Mezirow beweer dat volwassenes die beste leer as hulle met ’n disoriënterende dilemma gekonfronteer word, “iets wat jou help om die veronderstellings wat jy deur die jare…

’n Les in trane

Is jou hart al ooit gebreek? Wat het dit veroorsaak? Was dit wreedheid, mislukking, ontrou, verlies? Miskien het jy ook al in die donker gaan sit en huil. Dis goed om soms te huil. “Trane is die enigste genesing vir hartseer,” het die Skotse prediker, George MacDonald, gesê. Ja, ’n bietjie trane kan soms goed wees. Jesus het ook gehuil…

is jy gereed?

Baie mense sal die tyd in 2008 onthou toe die ergste finansiële krisis na die Groot Depressie van 1929, die wêreld getref het. In die daaropvolgende maande het baie mense hulle werk verloor, ander hulle huise en beleggings. Later die jaar het die BBC ’n onderhoud met Alan Greenspan, vorige hoof van die US Federal Reserve, gevoer en hy het…

seisoene van Voorspoed en teëspoed

Die meeste van ons sal erken dat daar tye van voorspoed, maar ook tye van teëspoed in die lewe is. Wyse koning Salomo het dit maar te goed besef en nagedink oor die verskillende reaksies wat ons, as mense, daarop toon. In Prediker skryf hy: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ...…

pappa!

Klein James was maar twintig maande oud, maar hy het ewe manhaftig en vol selfvertroue voor sy familie uitgestap in die lang gange van hulle groot kerkgebou. Sy pappa het natuurlik ’n oog op hom gehou, terwyl James voortgewaggel het. Skielik het die seuntjie geskrik, gaan staan, omgedraai en hard uitgeroep: “Pappa! Pappa!” Sy pa was gou langs hom en…

geen OmmeKeer

Die eerste keer toe ek haar gesien het, het ek verlief geraak. Sy was so pragtig, blink en skoon. Die oomblik toe ek daardie 1962 Ford Thunderbird tussen die tweedehandse motors opgemerk het, het daardie skitterende uiterlike en netjiese binneruim my aangegryp en ek het geweet – daardie motor moet myne wees! Toe het ek die $800 uitgehaal en die…

wees ’n wapendraer

Die Israeliete en die Filistyne was in ’n geveg betrokke. Terwyl Saul en twee afdelings by Mikmas in die bergwêreld ontspan het, het Jonatan en sy wapendraer die kamp stilletjies verlaat om te sien of die Here nie miskien iets vir hulle sou doen nie, want hulle het besef die Here “kan red, deur baie of deur min” (1 Sam.…

gewig optel

Eendag het ek gesien hoedat my seuntjie probeer om staafgewigte van ongeveer twee kilogram bo sy kop uit te stoot, iets baie moeilik en onmoontlik vir ’n kleuter. Hy kon hulle slegs ’n paar sentimeter van die grond af oplig en sy gesiggie was rooi van inspanning. Ek het aangebied om hom te help, en saam het ons die gewigte…

Vry Om te Kies

Toe dit bekend geword het dat die belangrikste voetbalwedstryd van die seisoen op Yum Kippur, die Joodse Groot Versoendag, gespeel sou word, het die studenteraad van die universiteit van Texas die skoolraad gevra om die datum te verander. Hulle het gevoel dit sou onregverdig teenoor Joodse studente wees om hulle te dwing om te kies tussen die wedywering met Oklahoma,…

Blye Versekering

Ek was in gesprek met ’n man wie se vrou onlangs gesterf het. Hy vertel toe dat ’n vriend aan hom gesê het: “Ek is so jammer dat jy jou vrou verloor het.” Toe antwoord hy: “Ek het haar nie verloor nie. Ek weet presies waar sy is!” Daar is diegene wat sal dink dat so ’n antwoord voortvarend is.…