Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Julie Ackerman Link

Omkopery

Toe my man in ’n vreemde land gereis het, het hy gesien dat daar baie slaggate in die paaie is. Toe hy daaroor uitgevra het, het die bestuurder gesê dat dit veroorsaak word deur die bande van voertuie wat onwettige vragte wat oorgewig is, vervoer. Indien die verkeerspolisie hulle voorkeer, word omkoopgeld betaal en dan word hulle nie beboet nie.…

Presiese Pas

Te lank. Te kort. Te groot. Te klein. Te nou. Te wyd. Hierdie woorde beskrywe die meeste kledingstukke wat ek aanpas. Om iets te kry wat net reg en na my smaak is, lyk vir my geheel en al onmoontlik. Om ’n kerk te vind wat net reg is en “presies pas” is skynbaar net so moeilik. Elke kerk of…

Beroeps Risiko

My beroep het te doen met woorde. Óf ek nou skryf, óf redigering doen, ek gebruik woorde om die idees en gedagtes oor te dra sodat lesers dit kan verstaan. Ek kan gewoonlik maklik sien of iets met ander se skryfstyl fout is (maar somtyds nie met my eie nie), en in meeste gevalle is ek in staat om dit…

Hy Noem My Vriend

Iemand het vriendskap so gedefiniëer: “Om die hart van ’n ander te ken en om jou hart vir ’n ander oop te maak.” Ons maak ons hart oop vir diegene wat ons kan vertrou en hulle wat vir ons omgee. Ons vertrou ons vriende omdat ons seker is dat hulle nie die inligting sal gebruik om ons skade aan te…

Verlore En Gevind

Tot die dag dat ek gevind is, het ek nie besef dat ek verlore was nie. Ek het soos gewoonlik voortgegaan, my take afgehandel en met die gewone dinge aangegaan. Toe ontvang ek eendag ’n epos met die boodskap: “Ek dink jy is my niggie.” Toe ek my niggie se boodskap gelees het, het ek uitgevind dat sy en ’n…

Onverwagte Seëninge

Rut en Naomi is deur buitengewone omstandighede bymekaar gebring. Toe daar hongersnood in Israel was, het Naomi se gesin na Moab verhuis. Daar het Naomi se twee seuns met Moabitiese meisies, Orpa en Rut, getrou. Maar Naomi se man en albei haar seuns het daar gesterwe. In daardie tyd was vroue baie afhanklik van mans en gevolglik het die drie…

’n Koninklike Huwelik

Huwelike is al vir baie jare die geleentheid vir groot oordadigheid. Moderne huwelike bied jong vroue die kans om hulle te verbeel dat hulle vir een dag ’n “prinses” is. ’n Pragtige bruidstabberd, ’n besondere haarstyl, bruidsmeisies en strooijonkers, kleurvolle ruikers en heerlike eetgoed, familie en vriende – ja, dit alles dra by tot ’n besondere en onvergeetlike geleentheid. Baie…

Luister Jy?

Hy was moeg en kwaad. Hy was omgekrap dat hy altyd beskuldig word vir alles wat verkeerd gaan. Jaar vir jaar het hy hulle deur al die moeilike situasies deurgehelp. Hy was voortdurend besig om vir hulle by die Here in te tree, maar al wat hy vir al sy moeite gekry het, was kritiek en probleme. Uiteindelik het hy…

Leer Om Te Vertrou

Toe ek my kamera in die bos ingedruk het om die klein wipstertjies af te neem, het hulle slegs hulle bekkies oopgemaak en nie hulle oë nie. Hulle was so gewoond dat die mama wipstertjie hulle voed wanneer die takke geroer word, dat hulle nie eers gekyk het wat die roering veroorsaak het nie. Dis die geloof wat ’n liefdevolle…

Kon Ek Maar Die Oorlosie Stop

Elke jaar wanneer Meimaand aanbreek, wens ek so dat ek maar die oorlosie kon stop. Ek is so bly as die doodsheid in die natuur deur nuwe uitspruitsels vervang word. Ek is dankbaar dat hulle nie deur die harde klei en droë takke gekeer word nie. Binne ’n paar weke word die dorre landskap omskep deur bome met pragtige en…