Toe my man in ’n vreemde land gereis het, het hy gesien dat daar baie slaggate in die paaie is. Toe hy daaroor uitgevra het, het die bestuurder gesê dat dit veroorsaak word deur die bande van voertuie wat onwettige vragte wat oorgewig is, vervoer. Indien die verkeerspolisie hulle voorkeer, word omkoopgeld betaal en dan word hulle nie beboet nie. Die vragmotorbestuurders en die polisie baat finansiëel, maar ander bestuurders en belastingbetalers word belas met ’n onregverdige las as gevolg van die swak paaie. Nie alle omkopery is openlik nie, soms is dit meer subtiel. Omkopery is nie altyd finansiëel nie. Om iemand te vlei is ook ’n vorm van omkopery en dan is woorde die medium. As ons iemand voorkeur gee omdat hulle iets goeds van ons sê, is dit ook ’n vorm van omkopery. Vir God is enige partydigheid onregverdig. Hy het regverdigheid een van die voorwaardes gemaak wat Hy vir die volk gestel het, as hulle in die beloofde land wou bly. Die Israeliete mag nie die reg verdraai of enige omkoopgeskenk aangeneem het nie (Deut. 16:19-20) Omkopery is ’n oortreding teen die karakter van God. Hy is die Here, “Hy alleen is God … die groot God, die magtige, wat wonderdade doen. wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie” (Deut. 10:17). Genadiglik behandel God ons almal op dieselfde wyse en Hy wil dat ons mekaar ook so behandel.