Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Joe Stowell

Die Doel Van God Se Goedheid

Toe ek grootgeword het, het ons dikwels ’n pragtige lied in die Sondagskool gesing. Dit het so gelui: “God is goed vir my! God is goed vir my! Hy hou my hand vas en help my staande te bly! God is baie goed vir my!” Ek moet dadelik bely dat ek glo dat God goed is en dat dit Hom…

Skool Van Stampe En Stote

Van al die herinneringe uit my kinderdae, is daar een gebeurtenis wat my steeds bybly. Alhoewel ek geen idee het wat my onderwyser gesê het nie, kan ek baie goed onthou dat ek “shut up” gesê het. Sy het my dadelik huis toe gestuur en toe moes ek die kleuterskool verlaat en die halwe blok huis toe stap. Terwyl ek…

’n kwessie van perspektief

Een van my geliefkoosde stories is oor die boer van Texas wat ’n boer in Duitsland met landbou inligting bedien het. Hy het die Duitse boer gevra hoe groot sy grond is en die boer het geantwoord: “Ongeveer ’n vierkante myl.” Toe het die Duitser aan die boer uit Texas gevra hoe groot sy grond is. Hy verduidelik toe dat…

klein dingetjies

Andreas was skepties oor die seuntjie se klein middagete van vyf broodjies en twee vissies. Hy sê aan Jesus: “Wat is dit (die vyf brode en twee vissies) vir so baie mense?” (Johannes 6:9). En tog het die klein maaltyd in Jesus se hande ’n groot seën geword en baie mense gevoed. Voordat jy dink dat jy niks het om…

Wat regtig saakmaak

’n Paar jaar gelede het ’n vriend van my ’n uitstalling van oorblyfsels van die berugte Titanic gaan bekyk. Elke besoeker het ’n kaartjie gekry waarop die naam van een van die passasiers of bemanningslede aangedui was. Nadat die toergroep deur die uitstalling gestap het en al die silwerstukke, eetgerei en ander oorblyfsels besigtig het, het die toer op ’n…

drome of keuses?

Gedurende my lewe het ek baie goeie raad van mense ontvang. Maar die raad van ’n baie goeie vriend is beslis die beste. “Die lewe bestaan nie uit die drome wat jy droom nie, maar uit die keuses wat jy maak.” Hy is heeltemal reg – jou lewe soos dit vandag is, is die somtotaal van al die keuses wat…

Wanneer koninklikes dorp toe kom

My vriend, Tim Davis, vertel graag van die geleentheid toe hy in Trinidad was en koningin Elizabeth die dorp besoek het. Hy onthou hoedat hy saam met sy ouers, wat sendelinge was, gegaan het en by die honderde wat langs die pad gestaan het, aangesluit het. Hy het sy vlaggie gewaai en gesien hoedat die entourage in die straat afgekom…

onderstebo

Indien jy my vra wie ek is, sou ek sê dat ek ’n Christen is. Maar ek moet bely dat dit ’n uitdaging is om Hom te volg. Sy opdragte is moeilik om uit te voer, soos om my te verheug wanneer ek vervolg word (Matteus 5:11-12); die ander wang te draai (vs. 38,39); te gee aan iemand wat iets…

om in die donker te Bestuur

Ek het nog altyd gedink dat ek enige situasie kan hanteer as die Here net vir my inlig wat die uiteinde sou wees. Ek glo vas dat “God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet” (Rom. 8:28). Nogtans dink ek dit sal baie beter gaan as ek net kon weet presies wat “ten goede” in dié geval…

Truspieëltjie oordenkinge

Ek het nog altyd gevoel dat jy die hand van God die beste in die truspieëltjie kan sien. Deur terug te kyk oor gebeure, kan jy beter verstaan waarom Hy jou in ’n sekere huis geplaas het; waarom Hy jou met sekere mense in aanraking gebring het en waarom Hy sekere omstandighede in jou lewe toegelaat het. Dan kan jy…