Mozart se geliefkoosde voël
Mozart word as ’n musikale genie vereer. In een geval is hy selfs deur die melodie van ’n voël geïnspireer. Mozart het ’n spreeu as troeteldier gehad en die voël se sang het hom so geïnspireer dat party mense beweer dat hy ’n stuk musiek gekomponeer het gebasseer op die melodie van die spreeu se getjirp. Voëls was ook vir…
’n Muggie les
Terwyl ek eendag my daaglikse wandeling onderneem het, is ek onverwags deur ’n swerm insekte omgewe. Ek het my nie baie daaraan gesteur nie, maar later ontdek ek toe heelwat bytplekkies aan my enkels en arms. Ek is skynbaar deur ’n swerm muggies toegetakel en die bytplekke het my later baie ongerief veroorsaak. Hierdie ondervinding het my ’n nuwe insig…
vullis eiland
Nou die dag het ek ’n ontstellende verslag gelees oor mense wat skynbaar dink dat dit aanvaarbaar is om die oseaan as ’n reuse vullishoop te gebruik. Hier volg ’n aanhaling uit die verslag: “Indien jy hierdie reuse hoop drywende plastiek in die Stille Oseaan bemerk, onthou dan dit staan bekend as Die Groot Stille Oseaan Vullishoop. ’n Ongelooflike 46,000…
invloedsfeer
Die boek The Preacher and the Presidents vertel die verhaal van die evangelis Billy Graham se bediening. Hy het kontak met die presidente gehad vanaf Harry S. Truman tot George W. Bush en hy was dikwels ’n besoeker by die Withuis. Maar ongeag sy wye invloedsfeer, het Graham nooit eer vir homself toegeëien nie, maar altyd die genade van God…
’n geesteLike reis
Die wonderwerke wat Moses gedoen het, was ’n uitdaging vir die baie afgode van Egipte. Tog was daar in ’n stadium ’n Farao wat die geloof in net een god verkondig het. Farao Akhenatan het na die opkomende son gewys en gesê dit is die groot god wat lewe aan die wêreld gee. Hy het die songod Aton genoem en…
’n slakkepas
As kind het ek graag die slakke in die blomtuin dopgehou. Die klein diertjie met die skulp, ’n slymerige magie en ogies wat soos teleskope heen en weer beweeg, het my regtig gefassineer. Maar wat regtig vreemd was, was die feit dat slakke so stadig beweeg. Hoe stadig beweeg ’n slak in werklikheid? Een navorser het vasgestel dat ’n slak…
’n Denkbeeldige dreigement
Gedurende die lente verlede jaar het ’n wipstert voëltjie gereeld een van die vensters in ons huis aangeval. Die voël sou op die vensterbank gaan sit, sy vere regskud, hard tjirp en dan kop eerste in die venster vasvlieg. Ek het ’n bietjie navorsing oor wipsterte gedoen en ontdek dat hulle terretoriaal is. Terwyl hulle broei sal hulle alle ander…
Die skietende bamboesbeer
In haar komiese boek, Eats, Shoots and Leaves, bekla Lynne Truss die probleem van swak punktuasie wat vandag in so baie geskrifte voorkom. Sy vertel die komiese verhaal van ’n bamboesbeer (panda) wat ’n kafee binnestap, ’n toebroodjie bestel, dit eet en dan ’n pistool uitpluk en begin skiet. Toe ’n kelner hom vra waarom hy dit doen, het die…
Kampioen skut
Matt Emmons, houer van die Olimpiese Goue Medalje vir skyfskiet in 2004, was gereed om nog ’n kompetisie in Athene te wen. Hy was reeds ver voor en het gehoop om ’n kol met sy laaste skoot te skiet. Maar iets het fout gegaan – hy het wel die kol getref, maar ongelukkig het hy na die verkeerde teiken geskiet…
garlic and sapphires
In haar boek Garlic And Sapphires: The Secret Life of a Critic in Disguise, vertel Ruth Reichl wat sy beleef het toe sy as die New York Times se restaurant kritikus gewerk het. Omdat sy die invloedrykste kritikus in die land was, het top restaurante haar foto orals getoon, sodat werknemers haar kon herken. Hulle wou haar met hoogstaande diens…